Uitslag van Dyantyi se B-monster bekend

Aphiwe Dyantyi. (Twitter @AllBlacks)

Een van die opwindendste Springbok-agterspelers sedert Bryan Habana, die 25-jarige Aphiwe Dyantyi, se B-urinemonster het óók positief getoets vir die gebruik van verbode middels.

Die blitsige Bokvleuel, wat in 2018 internasionale rugby se nuweling van die jaar was, het op 2 Julie ’n urinemonster tydens ’n Springbokoefenkamp ingedien wat positief vir verbode middels teruggekom het.

Dyantyi het die gebeure op sosiale media bevestig, maar aangevoer dat hy onskuldig is en het gevra dat ’n B-monster ook getoets moet word.

“Ek glo in harde werk en regverdige spel. Ek het nog nooit verneuk nie en sal ook nie,” het hy in ’n verklaring gesê.

Maar die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) het egter vandag bevestig dat Dyantyi se B-monster óók positief teruggekom het.

Die toets is by ’n geakkrediteerde World Anti-Doping Agency (Wada)-laboratorium by die Universiteit van die Vrystaat gedoen en daar is bevind dat die Bokblits positief vir drie verbode middels getoets is.

Dyantyi is nou amptelik aangekla vir die gebruik van anaboliese steroïede.

In ’n onderhoud met Times Live het SAIDS se uitvoerende hoof, Khalid Galant, gesê dat die Bok-vleuel vir tot vier jaar deur Wada uit sport geskors kan word.

“Die skorsing was altyd net vir twee jaar geldig, maar Wada het sy reëls en regulasies in 2015 aangepas. Die skorsings is toe na vier jaar verleng omdat daar gekyk is na die onregverdige voorsprong wat atlete geniet wat anaboliese steroïede en opkikkers gebruik,” het Galant gesê.

Dyantyi mag egter die aanklagte teenstaan en onskuldig pleit. Indien hy dit doen, sal hy versoek word om sy onskuld te bewys.

Die vleuel het vroeër in sy verklaring sy spanmaats om verskoning gevra vir die negatiewe impak wat die nuus op hulle mag hê. Hy is vasbeslote om sy onskuld te bewys, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Herman Goosen ·

Ja. Moet seker maar die “medisyne” wees wat hy gedrink get. SARU sal seker sy regskoste ook dek om sy “onskuld” te bewys

Poot ·

Watse negatiewe impak. Hyt die span n guns gedoen. Kwota speler wat dit nie op sy eie kan maak nie, dan “juice” hy.

Andre Coetzee ·

Geen verskoning.Leuns.Hoeveel spelers het al self erken dat hy ‘n fout gemaak het en dan sy straf gevat het soos ‘n man ? Nee die skuldige dring altyd daarop aan dat dit nie waar is nie en dat daar erens ‘n fout gemaak is.Toets weer en weer totdat die resultaat anders is al neem dit jare want meskien verdwyn die gemors.Hulle sal stry en wil maar nie erken nie.Geen simpatie.

HESTER ·

Was hy in die wereld beker span ?Indien wel doen moet hy ook agtergelaat word soos Etsebeth totdat teendeel bewys is?

Robert ·

Nee hy was nie deel van die wêreldbeker span nie, hy herstel van besering.

ai ja ja ·

Skoenmaker hou jou by jou lees. Hy is nogsteeds beseer en was glad nie oorweeg vir die wêreld beker groep nie en Etzebeth het vanoggend op die vliegtuig Japan nie.

Piesang ·

Hy gaan sy “onskuld” bewys. Yeah right! Seker met ‘n C, D, E… monster.

Joke! ·

Moenie worry Dyantyi jou BEEEE maatjies sal jou red en dit voor die MRK se deur gaan le en dan is dit weer die witman se skuld..

Wesley ·

Mense wat veroordeel ken nie die volle storie. Dalk het hy gejuice, seker om die WB span te maak, en sodoende moet hy sy straf vat. MAAR se nou maar dit iets anders, en hy kan dit bewys? Gaan almal wat hom sleg se iewe skielik onverskoning vra? Twyfel. Twyfel ook sterk enigeimenad hier het n apteker graad of is self n dokter. Laat die “anti-doping” agentskap sy werk doen, en wanneer als gaan le, dan sien ons.

Mag die wat veroordeel net so veroordeel word.

Anoniem ·

As die ouer van ‘n rugbyspeler wil ek tog die volgende sê. Het julle al die lys van “banned ingredients” gesien? Hierdie ouens is sportmanne, hulle kan nie elke “banned ingredient” ken nie (lys verander baie baie gereeld) dus is sportmense afhanklik van spandokters en spesialiste om die “regte” medikasie tydens reabilitasie te kry. Indien hy WEL gedope het om sy spel te verbeter moet hy beslis verban word, maar ‘n ondersoek kan dalk bepaal dat iemand in die mediese span ‘n fout gemaak het. Glo my dis nie so eenvoudig om te weet wat om te gebruik nie! Selfs sekere neussproeie, hoesgoed ens ens bevat ingredients wat op banned lys is. Die ouens bid net hulle word nie siek of kry besering nie!

Robert ·

Wesley: ek hoop jy verstaan die verskil tussen oordeel en kritiek lewer. Die meeste mense ken nie die verskil nie en is dan vinnig om iemand uit te wys wat kritiek uitspreek. As jy iemand verdoem oordeel jy maar as jy kritiek uitspreek dan bevraagteken jy die aksie wat die persoon uitgeoefen het. As jy jy die bevraagteken doen en die persoon afskryf dan oordeel jy. Ek sien niemand hier wat die persoon afskryf (oordeel) nie.

Wesley ·

Ja Robert, kommetare soos “BEEE maatjies sal jou red” en praat van dat hy leuens vertel (baie verseker van hulself van daardie “feit”) is goeie kritiek… Dink nie jy ken egter self die verskil nie.

Soos ek se, nes anoniem hier bo, wag tot die dinge sy paadjie loop, en as hy dan skuldig en verban word, dan kan jy maar die ketels oop draai.

Lekker lag ·

@anoniem – sy monsters het positief getoets vir steroids, nie vir caffeine nie. Hy sal dit nie inkry deur hoesstroop nie. Hy het gespuit, anaboliese steroids. Om hom ‘n onregverdige voordeel te gee itv spoed, krag, en herstelvermoe. Moet nie doekies omdraai nie. Hy het verneuk, en nog gelieg bonop. Wat anders is dit ?

Jean ·

Wel wesley al wat ek vir jou wil se is sy tweede toets het hy positief getoets of jy dit nou wil sien as kritiek of oordeel ek gee regtig nie om wat jy dink of voel nie jammer ou maat! Dit vat ok nie n kundige om te voorspel wat volgende sal moet gebeur nie tensy hy n dekselse goeie BEEEEEEEEEEEEEEEE prokureur het nie…so eenvoudig soos dit!

Stefaans ·

Daar is maniere en maniere om dit te doen. Hy is nou uitgevang, so dui die toets resultate aan. Ek dink daar is baie spelers en sportmense wat verbode middels gebruik. Kyk net so bietjie terug na ‘n baie bekende speler, wat tans nog speel, wat maar ‘n redelike tingerige outjie was toe hy begin speel het. Kyk hoe lyk hy nou, sterk, ‘n paar bene en tattoo’s wat skrik vir niks. Moenie vir my sê die outjie het nie iets gebruik om sterker te word(BULK) nie. Nee, daar is nog steeds maniere om verby die sisteem te kom. Jy moet net weet wat, en hoe, en met die regte hulp dit mee te doen. Ek doen ook sport as amateur en ‘n mens wonder maar net oor van die deelnemers wat soms deelneem. Sommige lyk maar verdag.

Frans C ·

Van die middels wat in sy monster gevind is word gebruik vir die behandeling van osteoporosis waar bene en spiere verswak,die ander middel word gebruik in gevalle waar die afskeiding van testosterone gedurende pubertiteitsjare te laag is en dit dus verleng.
Sommige middels word vrylik by winkels verkoop.Die ander middel is vroeër vrylik deur amateur en beroeps sportlui gebruik maar word nie langer bemark nie.

‘n Mens wonder wie hom tydens sy besering behandel het en waarom hy nie vroeër getoets is nie.

Anoniem ·

Dis wat ek bedoel het…….vergelyk nie een oomblik caffeine met steroiedes nie. Maar steroiedes was aanvanklik net ‘n mediese hulpmiddel vir herstel ens later al hoe meer misbruik in verbode middels. MAAR hy en sy span dokters is veronderstel om dit te weet. So kanse is vrekgoed dat hy iets verbode gebruik het maar al wat ek probeer sê, het daar is nog steeds ‘n klein moontlikheid dat iemand nie sy/haar werk reg gedoen het nie.

Vintcent ·

Ou Boet…jy het nou te doen met ‘n vakgebied wat ver bokant die vuurmaakplek is van die meeste rugbyspelers. Miskien moes iemand jou iewers langs die pad verkeerd gelei het. Dalk ‘n mede speler? Dalk is jy net een van vele?

Lea ·

As ‘n mede SA sport speler het ek geen simpatie vir hom nie. Ons atlete weet almal dat daar websites en apps is wat mens kan raadpleeg oor medisyne of produkte wat ons wil gebruik. Ons raadpleeg dit om te sien of dit verbode middels is of nie. In ons kleiner kodes het ons nie spandokters en bestuurders wat ons hande vashou en wat ons kan raadpleeg nie. Ons moet daardie leiding self neem en het nie die steun nie wat hy het nie. Hy is in die bokkamp en het toegang tot alle moontlike ondersteuning en kennis oor verbode middels. Geen atleet kan deesdae die ‘ek het nie geweet’ verskoning gebruik nie. As hy medisyne gebruik wat voorgeskryf is en verbode middel bevat moes hy en sy dokter dit verklaar het. So ja, as jou b-monster ook positief is dan is dit verdoemend. Al hoe hy sy onskuld kan bewys is om te bewys daar is met sy monster gepeuter. Vir die res, het hy toegang gehad tot alle bronne wat hom kon weerhou het van wat hy ook al besluit het om in sy lyf te sit. Binne en buite seisoen moet sportmense altyd kyk wat hul neem want daardie toetsie kan enige tyd sy opwagting maak. Ons almal weet dit.

Anoniem ·

Dis waar, verantwoordelikheid bly syne. En rugbyspelers het 24/7 bystand om seker te maak. Kan ook nie regtig dink dat iemand hom verkeerdelik gehelp het nie? Waarheid sal wel uitkom. Wel 4 jaar is lank, hy gaan duur prys betaal, wat net reg is.

humor ·

Dankie tog vir die strenger besluit. Lyk my daar is darem nog liggame wat eerlikheid in sport verkies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.