Uitspeelplekke op die spel

RG Snyman, Bulle se vuurvreter-slot (Foto GB Jordaan)

RG Snyman, Bulle se vuurvreter-slot (Foto GB Jordaan)

Drie Curriebekerwedstryde word die naweek gespeel  en al drie kan in mindere of meerdere mate ʼn invloed op die kwalifisering vir die uitspeelwedstryde hê.

Die naweek se wedstryde is Blou Bulle teen Griekwas, die Sharks vs die OP Kings en die WP wat op Nuweland teen die Pumas speel.

Om nou te probeer permutasies uitwerk voor die naweek se wedstryde kan nie sinvol gedoen word nie. Daar is net eenvoudig te veel ‘asse’ daarvoor.

Al wat in die stadium seker is, is dat ses spanne nog die vier uitspeelplekke kan haal, en dat vyf van hulle angstig sal kyk wat die ander maak. Die Vrystaat Cheetahs sal egter op hul louere kan rus. Selfs al verloor hulle hul laaste twee wedstryde teen die Pumas en die Sharks, kan hulle nie meer uit die topvier gehou word nie.

Daarvoor al die ander wat teen mekaar wen en verloor sorg.

Dit lyk egter onwaarskynlik dat hulle nie bo sal eindig nie.

♦  Vrydagaand op Loftus is vir die Bulle en Griekwas baie belangrik. Verloor die Bulle, sal Griekwas bo hulle en die Sharks in die tweede plek inskuif. Verloor Griekwas, het hy twee moeilike wedstryd teen die WP (in Kimberley) en die Vrystaat (in Bloemfontein) oor om steeds aanspraak te maak.

Griekwas het die seisoen weer, soos nou al amper gebruik geword het, verras en vanjaar selfs ook die verdedigende kampioen, die Goue leeus, in Kimberley geklop.

Vir die Bulls sal dit dwaasheid wees om die span uit die Diamantstad lig te kyk. Hulle is goed afgerig, speel soos alle Griekwasspanne deur die jare klipharde rugby en hulle het vanjaar ook ʼn bereidwilligheid om meer van oral af aan te val.

Met ʼn aggressiewe pak wat kán, en vier opeenvolgende oorwinnings insluitende teen die Goue Leeus op hulle kerfstok, sal die Poubloues nie sonder geloof in hul eie vermoëns in Pretoria opdraf nie.

Loftus is egter nie Kimberley nie, en ʼn mens verwag dat die Blou Bulle tuis op hulle laaste twee oorwinnings sal voortbou.

Nollis Marais se manne begin so stadigaan weer lyk na die span wat die WP in die openingswedstryd verinneweer het. Hulle grootste enkele probleem bly die afronding met te veel kanse wat verlore gaan.

Marais-hulle beskou nou hierdie wedstryd as die belangrikste van die seisoen, met die bonus dat ʼn sege aan hulle momentum en selfvertroue sal verskaf.

♦  Die WP speel op Nuweland teen die Pumas. Die Streeptruie het die seisoen al taamlik drooggemaak, maar as hulle naastenby op hulle stukke is behoort hulle te wen en hul uitspeelkanse te verstewig.

♦ Dieselfde geld die Sharks, wat tuis teen die OP Kings speel. Robert du Preez se span het nou hul laaste twee wedstryde, teen die WP en die Vrystaat, verloor en kan nie nóg ʼn neerlaag bekostig nie. Dit lyk egter uiters onwaarskynlik.

Spanne –

Blou Bulle vs Griekwas, Loftus, Vrydagaand 19:00

Blou Bulle: 15 Ulrich Beyers, 14 Travis Ismaiel, 13 Dries Swanepoel, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Piet van Zyl, 8 Hanro Liebenberg (kapt.), 7 Nic de Jager, 6 Roelof Smit, 5 Marvin Orie, 4 Rudolph Snyman,3 Jacobie Adriaanse, 2 Jaco Visagie, 1 Pierre Schoeman. Bank: 16 Bandise Maku, 17 Martin Dreyer, 18 Jason Jenkins, 19 Jannes Kirsten, 20 Andre Warner, 21 Joshua Stander, 22 Bjorn Basson/Divan Rossouw.
Griekwas: 15 Adriaan Coertzen (kapt.), 14 Ederies Arendse, 13 Jonathan Francke, 12 Clinton Swart, 11 Alshaun Bock, 10 Elgar Watts, 9 Rudi van Rooyen, 8 Jason Fraser, 7 Sias Koen, 6 Wendal Wehr, 5 Jonathan Janse van Rensburg, 4 Mzwanele Zito, 3 Stephan Kotze,  2 Abraham Le Roux, 1 Steph Roberts. Bank: 16 Marius Fourie, 17 Devon Martinus, 18 Wandile Putuma, 19 Jonathan Adendorff, 20 Renier Botha, 21 Andre Swart, 22 Eric Zana.

Shark vs OP Kings, Kingspark, Saterdag 15:00

Sharks: 15 Curwin Bosch, 14 Rhyno Smith, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Wandile Mjekevu, 10 Inny-Christian Radebe, 9 Michael Claassens, 8 Francois Kleinhans, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Khaya Majola, 5 Ruan Botha, 4 Etienne Oosthuizen, 3 John-Hubert Meyer, 2 Chiliboy Ralepelle (kapt.), 1 Thomas du Toit. Bank: 16 Franco Marais, 17 Juan Schoeman, 18 Jean Drosté, 19 Jean Deysel, 20 Stefan Ungerer, 21 Patrick Lambie, 22 Neil Maritz.
OP Kings: 15 Lungelo Gosa, 14 Siwivive Soyizwapi, 13 Burton Klaasen, 12 Waylon Murray, 11 Sampie Mastriet, 10 Pieter Steyn de Wet, 9 Ricky Schroeder (kapt.), 8 Christiaan de Bruin, 7 Brandon Brown, 6 Vincent Jhobo, 5 Sebastian Ferreira, 4 Dylan Pieterse, 3 Justin Forwood, 2 Martin Bezuidenhout, 1 Barend Potgieter. Bank: 16 Warrick Venter, 17 Vukile Sofisa, 18 Etienne Oosthuizen, 19 Luke van der Smit, 20 Vian van der Watt, 21 Minenhle Mthethwa, 22 Alcino Isaacs.

Westelike Provinsie vs Pumas, Nuweland, Saterdag 17:00

Westelike Provinsie: 15 Cheslin Kolbe, 14 Werner Kok, 13 EW Viljoen, 12 Huw Jones, 11 Leolin Zas, 10 Robert du Preez, 9 Godlen Masimla, 8 Kobus van Dyk, 7 Stefan Willemse, 6 Nizaam Carr, 5 Chris van Zyl (kapt.), 4 Jan de Klerk, 3 Wilco Louw, 2 Mike Willemse, 1 Alistair Vermaak. Bank: 16 Neil Rautenbach, 17 Sithembiso Sithole, 18 JP Smith, 19 Jurie van Vuuren, 20 Jacques Vermeulen, 21 Dewaldt Duvenage, 22 Scott van Breda.
Pumas: 15 Williams Devon, 14 Ruwellyn Isbell, 13 Hoffman Maritz, 12 Hennie Skorbinski, 11 Jean-Paul Lewis, 10 Francois Brummer, 9 Emile Temperman, 8 Renaldo Bothma (kapt.), 7 Lambert Groenewald, 6 Brian Shabangu, 5 Jannie Stander, 4 Stephan Greeff, 3 Louis Albertse, 2 Frank Herne, 1 Khwezi Mona. Bank: 16 Simon Westraadt, 17 De-Jay Terblanche, 18 Hugo Kloppers, 19 Carel Greeff, 20 Kevin Luiters, 21 Heinrich Steyl, 22 Tyler Fischer.

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.