Uitwerking van besnoeiing kan dán duidelik blyk

Die uitwerking wat die dramatiese besnoeiing van die SA Rugbyunie (Saru) se toelaes aan hulle op die kleiner bonde het, behoort Vrydag en Saterdag, minstens voorlopig, na waarde geskat te kan word.

Al sewe dié bonde, sowel as Namibië se Welwitschias, sal in die eerste ronde van vanjaar se Curriebeker- Eerste Liga in aksie sal wees.

Luidens berigte moes die Namibiese Rugbyunie (NRU) inspring om tot die Griffons, die verdedigende kampioen, se reiskoste vir Saterdag se wedstryd in Windhoek by te dra.

Van die bonde het vroeër aangedui dat hulle, vanweë die halvering van hul Saru-toelaes, nie al hul wegverpligtinge sal kan nakom nie, en dat hulle van party van hul uitblinkerspelers ontslae moet raak.

Dit sal nie verbaas nie, as van die spanne nie op verlede jaar se vertonings kan voortbou nie, en die mededingendheid van die liga sal uit die staanspoor skerp onder die loep kom. Diepte kan ook ʼn kwessie raak as beserings later in die seisoen hul tol begin eis.

Met die meeste klubligas, wat einde toe snel, kan van die bonde dalk genoop wees om spelers uit die amateurgeledere by hul planne in te skakel.

Die Suidwestelike Distrikte (SWD) en die Luiperds sê mekaar Vrydag in George die stryd aan.

Benewens die kragmeting in Windhoek, speel Boland Saterdag in Robertson teen die Oostelike Provinsie (OP), en kruis die Valke en Grens in Kemptonpark swaarde.

Die naweek se program –

Vrydag

18:00 SWD teen Luiperds, Outeniekwapark, George.

Saterdag

14:30 Boland teen OP, Van Zyl-sportterrein, Robertson.
15:00 Welwitschias teen Griffons, Windhoek.
16:00 Valke teen Grens, Barnardstadion, Kemptonpark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JJ ·

Daar is nie geld nie maar SA Rugby wil ‘n span van Argentinië betrek by Curriebeker? Wat kos dit om ‘n span soontoe te vlieg?

Johann ·

Dink net hoe beroerd gaan dit in klubrugby as provinsies nie eers geld het nie. Baie spelers het nie eers ‘n ordentlike werk of behuising en selfs kos nie en daar moet diep gegrawe word om die stelsel aan die gang te hou. Die spelers wie regtig wil speel het soms nie petrolgeld of vervoer nie. Administrasie van rugby is nie vir sissies nie, dis ‘n harde, uitdagende werk vir die wie nog die spel uit liefde dien.

Ratkas ·

Hulle sal dan n basis in SA soos Stellenbosch waa hulle tuiswedstryde sal speel

Johan ·

Bulle julle kan dit weer doen en wen aseblief vandag lekker speel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.