Uitwyser waarsku Bokstut Mtawarira

Tendai Mtawarira - gewaarsku. (Foto: allrugby.com)

Tendai Mtawarira – gewaarsku. (Foto: allrugby.com)

Die uitwysingskommissaris het die Springbokstut Tendai Mtawarira gewaarsku oor die voorval in Saterdag se toets teen Australië toe hy die Wallabies se agsteman David Pocock om die nek beetgekry het.

Hy wou Pocock in die 21ste minuut in van die bal afpluk.

Die kommissaris mag sodanige waarskuwing uitreik mits hy oordeel `n bepaalde voorval het net-net nie `n rooi kaart geregverdig nie.

Die skeidsregter het bloot `n strafskop teen Mtawarira toegeken, maar nadat die kommissaris die beeldmateriaal van die wedstryd nagegaan het, is op die waarskuwing besluit.

Dit was Mtawarira se 81ste toets, een meer as die rekord vir `n Springbokstut wat deur Os du Randt gehou is.

Australië het die toets in die Suncorpstadion in Brisbane 23-17 gewen ondanks die voortou van 14-3 wat die Bokke vroeg in die wedstryd geneem het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.