Uruguay A neem die voortou in WR-toernooi

Uruguay A het ná die tweede ronde Woensdag die voortou in Wêreldrugby (WR) se Amerikas-Stille Oseaan-uitdaagtoernooi in Montevideo, Uruguay, geneem.

Naas die tuisspan, is Samoa A ook nog onoorwonne, maar eersgenoemde se ruimer sege van 33-18 oor Amerika het hom ʼn bonuspunt besorg, wat die Samoane nie in hul oorwinning van 23-15 oor Tonga A kon vermag nie.

Dié twee wenspanne sal mekaar Sondag in die beslissende stryd om die titel aandurf.

In Woensdag se ander kragmeting het die Argentynse Vyftiental sy eerste oorwinning in die toernooi behaal deur die sukkelende Kanada A met 45-5 te verpletter.

Die Argentyne meet Sondag teen die Yanks kragte, en Tonga A teen die Kanadese.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.