Ussa-rugby: heersende kampioen loop rieme styf

Rhodes - in eindstryd.

Rhodes – in eindstryd.

Universiteitsport Suid-Afrika (Ussa) se verdedigende rugbykampioen het sy rieme Woensdag in die halfeindronde van vanjaar se toernooi in Oos-Londen styfgeloop.

Richard van der Westhuizen, die toernooidirekteur, berig die Universiteit van Stellenbosch het die Universiteit van Johannesburg 16-15 geklop en speel Vrydag in die eindstryd teen die Universiteit van Pretoria, wat op sy beurt die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) 24-3 verslaan het.

In die ander twee wedstryde in die A-afdeling het die NWU Pukke 23-15 teen die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) van Bloemfontein gewen; en die Kovsies het die Ikeys 25-0 gelooi.

B-afdeling

Wits het `n oortuigende oorwinning van 43-10 oor Varsity College (Durban) in die B-halfeindstryd behaal; en die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het ewe klinkend 35-2 teen NWU Vaal gewen.

Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het die gasheer, die Walter Sisulu-universiteit (WSU), se B-span 10-6 geklop; en die Universiteit van Fort Hare (UFH) het 22-3 teen die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) gewen.

C-afdeling

In die C-afdeling het WSU A 15-3 teen die Kaapse Skiereilandse Universiteit (KSUT) gewen om sy plek in die eindstryd te bespreek. Rhodes eweneens daartoe deurgedring deur die Universiteit van Zoeleoeland (UZ) 37-7 te oorrompel.

Die Universiteit van Venda (UniVen) het 12-0 teen sy buurman, die Universiteit van Limpopo (UL) gewen; en die Mangosuthu-universiteit vir Tegnologie (MUT) van Durban het `n oorwinning van 27-24 teen die Vaal Universiteit vir Tegnologie (VUT) van Vanderbijlpark behaal.

D-afdeling

Die Durbanse Universiteit vir Tegnologie (DUT) het in die D-afdeling sy tweede oorwinning van die week oor die WSU-vyftiental behaal, die keer 8-5; en UJ Soweto het 44-3 teen die Sefako Makgatho-universiteit vir Gesondheidswetenskap (SMHU) geseëvier.

Vrydag se program –

Old Selbornian A

08:30 Wits teen UWK (B-eindstryd); 10:10 Rhodes teen WSU (C-eindstryd); 11:50 Tukkies teen Maties (A-eindstryd).

Old Selbornian B

08:30 WSU B teen UJ Soweto (D); 10:10 DUT teen SMHU (D); 11:50 VC teen NWU Vaal (B 3/4).

Hudson Park A

08:30 UZ teen KSUT (C 3/4); 10:10 NMMU teen UJ (A 3/4); 11:50 NWU Pukke teen Kovsies (A 5/6).

Hudson Park B

08:30 VUT teen UniVen (C 5/6); 10:10 TUT teen UFH (B 5/6); UKZN teen WSU B (B 7/).

Port Rex

08:30 SUT teen Ikeys (A 7/8); 10:10 MUT teen UL (C 7/8).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.