Ussa-week: kampioen pak Ikeys in eerste ronde

ussa-logoUniversiteitsport Suid-Afrika (Ussa) se rugbykampioen, die Universiteit van Johannesburg (UJ), pak Maandag die Universiteit van Kaapstad in die eerste ronde van vanjaar se toernooi in Oos-Londen.

Die Walter Sisulu-universiteit (WSU) se Buffalostad-kampus tree as die gasheer op en 28 spanne neem in vier afdelings deel.

UJ het die Tukkies verlede jaar 14-13 in `n uitmergelende eindstryd geklop.

In die ander wedstryde Maandag in die A-afdeling speel die Tukkies teen die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) van Bloemfontein; die Varsitybekerkampioen, die NWU Pukke van Potchefstroom, speel teen die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) van Port Elizabeth; en die Universiteit van Stellenbosch en verlede jaar se B-wenner, die Universiteit van die Vrystaat van Bloemfontein, meet kragte.

B-afdeling

In die B-Afdeling speel die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg teen WSU Butterworth; die Universiteit van KwaZuluNatal (UKZN) teen die NWU Vaal van Vanderbijlpark; die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) teen die Universiteit van Fort Hare (UFH); en die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) teen Varsity College van Durban.

C-afdeling

In die C-Afdeling speel die gasheer, WSU Buffalostad, teen die Mangosuthu Universiteit vir Tegnologie (MUT) van Durban; die Vaal Universiteit vir Tegnologie (VUT) van Vanderbijlpark speel teen die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie (KSUT); die Universiteit van Venda speel teen die Universiteit van Zoeloeland (UZ); en die Rhodes-universiteit van Grahamstad speel teen die Universiteit van Limpopo (UL).

WSA se A-span het verlede jaar dié afdeling gewen.

D-afdeling

In die D-afdeling speel die Sefako Magatho-universiteit vir Gesondheidswetenskap (SMHU) teen `n WSU-uitnodigingspan; die Durbanse Universiteit vir Tegnologie (DUT) teen UJ se Sowetokampus.

Verlede jaar toe UJ die gasheer was, het `n UJ-uitnodigingspan die D-afdeling gewen.

Maandag se program –

Old Selbornian A-veld

08:30 DUT teen UJ Soweto (D); 10:10 NWU Pukke teen NMMU (A); 11:50 Maties teen Kovsies (A); 13:30 Tukkies teen SUT (A).

Old Selbornian B-veld

08:30 UZ teen UniVen (C); 10:10 Rhodes teen UL (C); 11:50 UWK teen UFH (B); 13:30 UKZN teen NWU Vaal (B).

Buffalopark

08:30 KSUT teen VUT (C); 10:10 Wits teen WSU Butterworth (B); 11:50 VC teen TUT (B).

Buffalostad-stadion B-veld

14:00 WSU 15-tal teen SMHU (D).

Buffalostad-stadion A-veld

14:00 UJ teen Ikeys (A); 16:00 Amptelike opening; 16:30 WSU Buffalostad teen MUT (C).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.