Valke klim tot derde plek met sege oor OP

David Philander – driekuns. (Foto: YouTube)

Die Valke is in die derde plek op die Curriebeker se Eerste Liga se punteleer ná sy oorwinning Saterdag op Despatch oor die Oostelike Provinsie.

Die Oos-Kapenaars het in die tweede helfte beter gevaar, en die besoekers het op die ou end met 29-17 gewen nadat hulle rustyd reeds met 24-10 voor was.

Op Wellington het Boland oortuigend met die Suid-Westelike Distrikte afgereken.

Die tuisspan het sewe drieë teen twee gedruk, en met 48-20 gewen nadat hy rustyd reeds 17-10 voor was.

Dit het die Arende van die derde na die vyfde plek laat tuimel, maar die Wynboere bly onveranderd in die vierde plek.

In Oos-Londen het die Grens die Welwitschias verbygesteek deur die Namibiërs naelskraap met 26-25 te klop (rustyd 7-7).

Die Namibiese toetsvleuel David Philander het al drie die besoekende span se drieë gedruk.

Die puntemakers –

OP 17 (10) – Drieë: Josh Kota, Spu Msutwana (2). Doelskop: Luvs Claassen.

Valke 29 (24) – Drieë: Shane Kirkwood, Ernst Ladendorf, Christiaan Rust, Don Mlondobozi, Coert Cronjé.

Boland 48 (17) – Drieë: Clinton Theron, Zandré Jordaan, Elgar Watts, Sergio Torrens, Charles Mayeza (2), Gerrit van Wyk. Doelskoppe: Elgar Watts (3), Adriaan Carelse (2). Strafdoel: Adriaan Carelse.

SWD 20 (10) – Drieë: Marquit September, Wilneth Engelbrecht. Doelskoppe: Leighton Eksteen (2). Strafdoele: Leighton Eksteen (2).

Grens 26 (7) – Drieë: Soso Xakalashe, S’bu Ncanywe, Sethu Tom, Athenkosi Manetsa. Doelskoppe: Bangi Kobese (3).

Welwitschias 25 (7) – Drieë: David Philander (3). Doelskoppe: Macho Prinsloo (2). Strafdoele: Macho Prinsloo (2).

Opgesomde punteleer –

Griffons 30, Luiperds 24, Valke 21, Boland 19, SWD 17, Grens 14, Welwitscias 12, OP 4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.