Valke laat die Kings skrik

imagesCAOLAJD0Die OP Kings moes Vrydagaand diep delf om die Valke te klop in ‘n Absa Curriebeker Eersteligawestryd op die NMB Stadion in Port Elizabeth.

Die eindtelling van 30-23 (rustyd 17-20) weerspieël die harde werk wat vir hierdie oorwinning nodig was. Die uitslag was tot tien minute voor die einde in die weegskaal.

Die Kings is weliswaar nader aan ‘n tuis halfeindstryd, maar hulle was allesbahlwe oortuigend en foute het ingesluip in die lynstane, die balhantering was soms swak en oordeelsfoute is male sonder tal gemaak.

Daarenteen was die Valke se verdediging rotsvas en hulle het die Kings met rustyd goed laat kopkrap.

Die Kings sal graag wil glo dat hulle die semifinale rondtes sou wou haal met net een week se rondomtalierugby in die kompetisie oor.

PUNTEMAKERS

OP Kings – Drieë: Stefan Willemse (2), Tiger Mangweni; Doelskoppe: Scott van Breda (3); Strafdoele: Scott van Breda (3).

Valke – Drieë: Sandile Ngcobo, Jaco Oosthuizen; Doelskoppe: Kyle Hendricks (2); Strafdoele: Kyle Hendricks (3).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.