Valke verras in strawwe weekronde

Die Valke het Saterdag in die Curriebeker Eerste Liga verras deur op Brakpan met die beter geplaasde Boland af te reken.

Die tuisspan het met 35-31 gewen (rustyd 14-14) in ʼn stawwe weekronde waarin drie van die vier wedstryde met slegs vier punte gewen is.

Op die koop toe het die Luiperds sowel as die Suidwestelike Distrikte (SWD) hul onderskeie wedstryde teen Grens in Oos-Londen en teen die Welwitschias in Windhoek met 36-32 gewen.

Die Luiperds was rustyd met 12-8 voor, en die Arende met 17-8.

Gene Willemse, die Noordwesters se losskakel, se een drie en drie doelskoppe het hom en sy span 16 punte in die sak gebring.

Die reeks se voorloper, die Griffons, het die agteros, die Oostelike Provinsie, in Welkom met 71-39 verniel (rustyd 50-12).

Jaun Kotzé, die wenspan se losskakel, het 26 punte op die telbord geplaas. Hy het ʼn drie gedruk, nege van sy span se tien drieë verdoel en met ʼn strafdoel geslaag.

Hy is die voorste puntemaker in die reeks (64 punte), gevolg deur Theuns Kotzé (Welwitschias, 54) en Leighton Eksteen (SWD, 50).

Juandré Rudolph van die Luiperds se agt drieë is die meeste deur ʼn speler in die reeks. Charles Mayeza (Boland), Arthur Williams, Sevyn Davids (albei Griffons) en Johan Tromp (Welwitshcias) het elk ses gedruk.

Die SWD klim van die vierde tot die derde plek, en die Valke skuif bo die Boland op die punteleer in, maar die res van die plekke bly onveranderd: Griffons 25, Luiperds 23, SWD 17, Valke 16, Boland 14, Welwitschias 11, Grens 9, OP 4.

Die puntemakers –

Valke 35 (14) – Drieë: Shane Kirkwood (2), Friedle Olivier, Coert Cronjé, strafdrie. Doelskoppe: Warren Potgieter (4).

Boland 31 (14) – Drieë: Jovelian de Koker, Gerrit van Wyk, Alcino Isaacs (2), Charles Mayeza. Doelskoppe: Divan Nel (2), Adriaan Carelse.

Grens 32 (8) – Drieë: Lundi Ralarala, Mihlali Mpafi, Dave Khethani (2). Doelskoppe: Bangi Kobese (3). Strafdoele: Bangi Kobese (2).

Luiperds 36 (12) – Drieë: Dane van der Westhuyzen, Loftus Morrisson, Gene Willemse (2), Tahiwa Mafura, Weppies Wepener. Doelskoppe: Gene Willemse (3).

Welwitschias 32 (8) – Drieë: Rohan Kitshoff, Christo van der Merwe, David Philander, JC Greyling, Johan Tromp. Doelskoppe: Theuns Kotzé (2). Strafdoel: Theuns Kotzé.

SWD 36 (17) – Drieë: Jacques Vermaak, Janneman Stander, Martin du Toit (2), Kurt Haupt (2). Doelskoppe: Marlou van Niekerk (2), Leighton Eksteen.

Griffons 71 (50) – Drieë: Danie van der Merwe, Shirwin Cupido, Jaun Kotzé, Tertius Maarman (2), Arthur Williams, Vuyo Mbotho, Selvyn Davids, Khwezi Mkhafu, Kerr Till. Doelskoppe: Jaun Kotzé (9). Strafdoel: Jaun Kotzé.

OP 39 (12) – Drieë: Anele Lungisa (2), Zingisa April, Alshaun Bok, Harlon Klaasen (2), Sphu Msutwana. Doelskoppe: Ntabeni Dukisa (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.