Valke wil volgende jaar hoog vlieg

falcons_rugby_logo_2006-300x300Die Valke het verskeie versterkings gekry met die oog op die 2017-seisoen en ’n hele klomp staatmakers gaan ook weer hulle rugby in Kemptonpark speel.

Die gesoute Rudy Joubert, hoofafrigter van Valke, sal hoop dat die mengsel van gesoute spelers en nuwe aanwinste die formule sal verskaf wat weer ’n trofee vir die unie se kas sal bring nadat die Oos-Randers die afgelope seisoen in die halfeindronde van die Eerste Liga uitgeskakel is.

Jan Enslin, wat die Blou Bulle op o.19- en o.21-vlak en ook die Universiteit van Pretoria (Tuks) in die Varsitybeker verteenwoordig het, is saam met Marco Klopper, wat as o.19- en o.21-speler die Cheetahs en die Universiteit van die Vrystaat in die Varsitybeker verteenwoordig het, die nuwe aanwinste op haker.

Twee vaskopstutte, Heinrich Roelofse, 57 wedstryde vir die Griffons en Primo Ncube, Tuks Varsitybeker, sal ook voortaan hulle rugby in Kemptonpark speel, terwyl die Valke ook die dienste van die voormalige Griekwasflank Thabo Mabuza bekom het.

Voeg daarby die koms van die drieëvraat van die Cheetahs, Maphoto Dolo, die Maties se heelagter Keaton Gordon en die skrumskakel Tiaan Ramat, wat Brakpan in die Gold Cup verteenwoordig het, wat ook nog betrek kan word en jy kan sien hoekom daar opgewondenheid in die Valke-kamp is. 

Die volledige Valke-oefengroep
(Wedstryde vir Valke tussen hakies)

Heelagters: Christiaan Rust (4), Keaton Gordon.
Vleuels: Kyle Hendricks (102), Koert Cronje (99), Ettienne Taljaard (33), Maphuta Dolo.
Senters:  Andrew van Wyk (46), Grant Janke (43), Andries Truter (17), Zander Cronje (5).
Losskakels: Warren Potgieter (13), Ruan Allerston (4).
Skrumskakels: Anrich Richter (92), Johan Pretorius (31).
Losvoorspelers: Friedle Olivier (44), Reg Muller (94), Ernst Ladendorf (41) Thabo Mamojele (17), Dwight Pansergrouw (19),
Thabo Mabuza.
Slotte: Jacques Alberts (67), Shane Kirkwood (63), JP Mostert (75).
Hakers: Gihard Visagie (7), Jan Enslin (4), Marco Klopper.
Stutte: Andries Schutte (43), Koos Strauss (10), Henri Boshoff (17), Heinrich Roelfse, Primo Ncube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.