Valkeliga: Kempton kry bonuspuntsege teen Sasol

Met Wayne Havenga van Kempton Park op die grond, verseker Jacques de Jager en Nico Engelbrecht goeie balbesit wat Chrissie Kasselman agterlyn toe stuur, terwyl Pietie Lubbe en Mike van Vuuren sake dophou. (Foto: Angie van Loenen)

Kempton Park het met ʼn bonuspunt gewen in sy jongste kragmeting teen Sasolburg in die Valke-rugbyunie (VRU) se Merlin-liga.

Dié wedstryd het Kempton Park op Sasolburg met 24-14 gewen. Die gasheer se tweede span het met 34-5 en sy o.21’s met 37-14 gewen.

André Hartley, voorsitter van die Edleen Spar Kempton Wolwe, sê afwykings van die struktuur en wedstrydplan het die tuisspan kans gegee om punte aan te teken.

“Harde woorde het rustyd geval, nie net by monde van die afrigters nie, maar ook van die hardebaarde in die span,” het Hartley gesê.

“Dit het bygedra om die knoop deur te hak.”

Die Wolwe het hul nuwe truie met die naamborg se embleem daarop die eerste keer gedra.

Hartley sê selfs met die speelveld gelyk sou Sasol se tweede span die gunsteling gewees het, maar met die nadeel van ʼn wegwedstryd en sleutelspelers wat vroeg beseer is, is Kempton se agterlyn keer op keer gestuit.

Kempton se o.20-span het harde bene gekou, het Hartley gesê.

“Die span kom gewoonlik gou op dreef, maar Saterdag was dit of hy eenvoudig nie opgedaag het nie.

“Niks wou vir hom reg loop nie, nie eens die spring van die bal nie.

“Die span sal vorentoe moet uithaal en wys.”

Die afrigter, Pat van Loenen, sê dis ʼn dag wat hulle baie vinnig wil vergeet, om eerder aan hul positiewe spangees te bou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.