Valkeliga kry nuwe formaat

Valke-logoDie Valkerugbyunie (VRU) se klubligas kry vanjaar `n nuwe formaat.

Daar sal `n opstellende ronde vir die voorste elf klubs wees, waarna die topses sake in die Peregrineliga en die onderste vyf in die Merlinliga sal uitspook.

Die ander nege klubs (wat elk net een span inskryf) speel oor `n dubbele ronde in die Kestrelliga.

Dit beteken dat East Rand United (ERU), wat die Merlinliga verlede jaar dramaties gewen het, nie vanselfsprekend vir die topliga in aanmerking kom nie en van voor af hard daarvoor sal moet werk.

Hy kry egter `n goeie wegspringkans wanneer hy met die intrapslag op 5 Maart teen verlede jaar se Peregrine-agteros, NWU Vaal, kragte meet.

Met die Luiperdsklubs Vaal Reefs en Klerksdorp buite rekening (hulle speel vanjaar by die Griffons), laat dit die kampioen, Brakpan, Vereeniging, Springs, Boksburg en NWU Vaal van verlede jaar se Peregrineklubs om die opstellende ronde met die Merlinklubs uit te spook.

Naas ERU speel verlede jaar se Merlinklubs Nigel, Sasolburg, Kemptonpark, die Vaaldriehoekse Universiteit vir Tegnologie en Benoni in die opstellende ronde.

Verlede jaar se Merlin-agteros, Elsburg, is afgeskuif na die Kestrelliga saam met verlede jaar se deelnemers Meyerton, Buffels van Balfour, Edenvale Panthers, Heidelberg, Oos-Rand Polisie, Delmas, Vanderbijlpark en Edenpark.

♦ Die kwessie wie die Valke in die oop klubs se reeks om die Goue Beker gaan verteenwoordig is nog nie afgehandel nie, en die deelnemer sal eers bevestig word sodra dit afgehandel is.

Die Valke is die enigste bond wat nog sy verteenwoordiger in die reeks benoem het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Raymond Human ·

Hi Piet ek is nou total verslaan en verbaas met wat hier nou gese word.
Net om dinge hier reg te stel, en dit is dat die vereiste n drie span inskrywing is om in die Valke peregrine liga te wees of te kan speel.
En die format soos uiteen gesit die top ses van daai liga wat al die klubs merlin en peregrine met drie spanne speel in n enkel rondte uitspeel, en die top ses dan die liga as die Peregrine uitspeel in die tweede rondte. Ek wil dit beklemtoon dat die weer n saak net van propaganda is om die klub ERU weereens te ondermyn soos altyd in seker kringe en soos altyd sal dit ons net versterk om seker te maak ons kom bou uit.So wat nou gese word is ons nie eers deel van die Peregrine Liga nie is n stelling wat reg gestel moet word.Graag doen ons maar net navra wie in die Valke die berig gestuur het asb.
En bo uit sal ons kom want ons gee nooit op nie. Ons Slag spreek ” Never Quit” is nou n uitdaging vir almal in die Valke liga. en ons hoop dat die Valke seker sal maak dat hulle hierdie jaar klubs veseker van n goeie gehalte skeidsregters vereening wat die beker toernooi sal blaas die jaar.en ook verklaar watter reels hy toepas hierdie jaar.
Dat ERU ook n spesialist skeidsregter by all sy wetstryde sal he en verseker dat hy nie onnodig ingedoen sal word nie. En ook om te verseker dat die regte reels uitgevoer word en nie net selektiewe reels toegepas word nie. In die verband sukkel ons nog steeds vanaf verlede jaar om n vergardering op te stel met all belanghebbende persoonlikhede in die Valke wat tot op hede nog geen terugvoering vir ons het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.