Valkeliga: Meyerton oorskadu Edenpark

Meyerton was onkeerbaar teen Edenpark. (Foto: Riëtte Burger)

Meyerton was onkeerbaar teen Edenpark. (Foto: Riëtte Burger)

Meyerton het Edenpark Saterdag geheel en al oorskadu in die spanne se kragmeting in die Valke se Kestrelliga.

Meyerton het die wedstryd 77-0 gewen, en speel komende Saterdag 16:00 op sy tuisveld teen die Buffels van Balfour in die kwarteindronde van die reeks.

Anthony Lloyd, Eurolux Meyerton United Knights se voorsitter, sê sy span se voorhoede het van die afskop af in die skrums, lynstane en al die ander fasette van die spel oorheers.

“Die bal het agter die praatwerk gedoen vir `n oorweldigende oorwinning in ons laaste rondomtaliewedstryd.”

Awie Vermeulen (skrumskakel) het 14 punte met twee drie en twee doelskoppe behaal; Ruan van Tonder (buitesenter) 12 met twee drieë en `n doelskop; Jessie Forbes (losskakel) 11 met `n drie en drie doelskoppe; en Gerhard van der Watt (haker) tien met twee drieë.

Meyerton se ander drieë is deur Shawn Prinsloo (heelagter), Hennie Swarts (regtervleuel), Conrad Swanepoel (binnesenter), Tyren Flynn (agsteman), Johan van der Watt (vasskopstut) en Tommy Theron (losskopstut) gedruk.

Lloyd voorspel `n titaniese stryd voorlangs vir Saterdag se kwarteindstryd, en nooi alle rugbyliefhebbbers in die omgewing van Meyerton om te gaan kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.