Valkeliga: Meyerton struikel in Kestrel-finaal

meyertonMeyerton se puik seisoen in die Valke se Kestrelliga het Saterdag tot `n einde gekom toe hy in die eindstryd die knie moes buig.

Edenvale Panthers het die wedstryd in die Barnardstadion op Kemptonpark 29-5 gewen.

Anthony Lloyd, die voorsitter van Eurolux Meyerton Knights United, sê die wedstryd is in `n baie goeie gees gespeel.

“Edenvale was op die dag se spel die beste en moet met sy oorwinning gelukgewens word.”

Hy is in sy noppies met die Meyerton-spelers se goeie gesindheid regdeur die seisoen en met die tuisskare se sterk ondersteuning.

Die spanfoto regs bo is deur Riëtte Burger geneem.

Agter: Tyren Flynn, Raynard Berry (kaptein). Tweede ry: Alwyn du Plessis (afrigter), Pieter van Dyk, Clever van der Watt , Hennie Swarts, Ruan van Tonder,Conrad Swanepoel, Anthony Lloyd (voorsitter). Derde ry: Shawn Prinsloo, Awie Vermeulen, Tiaan Davidtsz, Tommy Theron, Johan van der Watt, Jacques de Lange. Tweede ry van voor: Danie van Zyl, Gerrit Albertz, Gerhard van der Watt, Werner Smit, Jessie Forbes. Heel voor: Lucas Steyn, Hendry van der Lith, Brandon Vogel, Kevin du Toit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.