Die voorloper in die Valke se Kestrelliga het Saterdag sy posisie verstewig deur die Buffels op sy tuisveld op Balfour plat te trek.
Anthony Lloyd, die voorsitter van Eurolux Meyerton Wild Knights, sê dit was `n skitterende wedstryd van die losgemale tot en met die vaste fasette en die wyse waarop die agterspelers die bal laat loop het.
“Albei spanne het goeie vyftienmanrugby gespeel en uitstekende drieë gedruk.
“Spelers wat vir Meyerton uitgeblink het, was die losskakel, Jessie Forberg, die binnesenter, Conrad Swanepoel, en die buitesenter, Ruan van Tonder.
Forberg het `n drie gedruk en vier doelskoppe in punte omskep, Swanepoel het `n drie gedruk, en Van Tonder twee.
Ander uitslae –
Delmas 17, Vanderbijlpark 10; Edenvale Panthers 37, Oos-Randse Polisie 5; Elsburg 37, Edenbark 29.
Opgesomde punteleer –
Kestrelliga
Meyerton 52, Edenvale Panthers 51, Delmas 43, Buffels 27, Oos-Randse Polisie 25, Elsburg 22, Heidelberg 20, Vanderbijlpark 13, Edenpark 11.