Valkeliga: Meyerton trek grootwild plat

Meyerton (met rooi) plaas die Buffels se skrum onder druk. (Foto: Anthony LLoyd)

Meyerton (met rooi) plaas die Buffels se skrum onder druk. (Foto: Anthony Lloyd)

Die voorloper in die Valke se Kestrelliga het Saterdag sy posisie verstewig deur die Buffels op sy tuisveld op Balfour plat te trek.

Anthony Lloyd, die voorsitter van Eurolux Meyerton Wild Knights, sê dit was `n skitterende wedstryd van die losgemale tot en met die vaste fasette en die wyse waarop die agterspelers die bal laat loop het.

“Albei spanne het goeie vyftienmanrugby gespeel en uitstekende drieë gedruk.

“Spelers wat vir Meyerton uitgeblink het, was die losskakel, Jessie Forberg, die binnesenter, Conrad Swanepoel, en die buitesenter, Ruan van Tonder.

Forberg het `n drie gedruk en vier doelskoppe in punte omskep, Swanepoel het `n drie gedruk, en Van Tonder twee.

Ander uitslae –

Delmas 17, Vanderbijlpark 10; Edenvale Panthers 37, Oos-Randse Polisie 5; Elsburg 37, Edenbark 29.

Opgesomde punteleer –

Kestrelliga

Meyerton 52, Edenvale Panthers 51, Delmas 43, Buffels 27, Oos-Randse Polisie 25, Elsburg 22, Heidelberg 20, Vanderbijlpark 13, Edenpark 11.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.