Valkeliga: skoon lei vir Peregrine-, Merlinklubs

Valke-logoVerlede jaar se Peregrine- en Merlinligaklubs begin Saterdag met `n skoon lei wanneer die opstellende ronde vir vanjaar se ligas afskop.

Ná dié ronde sal die ses topspanne aan die Peregrineliga deelneem en die onderste vyf die Merlinliga uitspook.

Die Valke se kampioenspan, Brakpan, begin die seisoen teen Sasolburg, een van die sterker spanne in verlede jaar se Merlinliga.

Springs, wat verlede jaar die haleindronde van die topliga gehaal het, se eerste teenstander is Nigel, wat verlede jaar as Merlinkampioen onttroon is.

Die nuwe Merlinkampioen, East Rand United (ERU), speel teen NWU Vaal.

Kemptonpark speel teen die Vaaldriehoekse Universiteit vir Tegnologie (VUT), en Boksburg teen Benoni.

Verlede jaar se naaswenner, Vereeniging, het `n loslootjie; en die twee spanne van die Luiperds wat in die Valkeliga gespeel het, Vaal Reefs en Klerksdorp, speel nou saam met die Griffons.

♦ In die Kestrelliga meet Heidelberg met Edenpark kragte; Delmas pak Edenvale; Meyerton kom teen die Oos-Randse Polisie te staan; en die Buffels van Balfour speel teen Elsburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.