Valkeliga: wag daar nog `n 100-tal op Brakpan?

Valke-logoWag daar Saterdag nog `n honderdtal op Brakpan in die opstellende ronde van die Valke se Peregrineliga, of kan die studente van die NWU Vaal sy stoomrollertog stuit?

Dis die groot vraag nadat die Valkekampioen sy eerste twee wedstryde vanjaar teen Sasolburg en Nigel onderskeidelik 103-3 en 108-7 gewen het.

Die wedstryd tussen Boksburg (tans tweede op die punteleer) en Kemptonpark (derde) kan een van die naweek se strafste kragmetings oplewer, met albei spanne wat in die opswaai van `n herboufase verkeer.

Springs sal moet lig loop vir die Merlinkampioen, East Rand United (ERU), maar moet as die gusteling beskou te word.

Hopelik kry Vereeniging, verlede jaar se naaswenner van die Peregrineliga, dié keer speelkans wanneer hy Benoni toe reis. Hy het `n loslootjie in die eerste ronde gehad en in die tweede ronde punte van die Vaal Universiteit vir Tegnologie (VUT) gekry.

Die Vaaldriehoekers behoort nie te sukkel om met die tuisspan af te reken nie.

Ondertoe op die punteleer sal Nigel sy tuisveldvoordeel wil benut om verlore aansien teen Sasolburg te herwin, maar hy sal nie maklik die Vrystaters klop nie.

♦ In die Kestrelliga is Edenvale, Heidelberg, Delmas en Buffels (Grootvlei) die gunstelinge teen onderskeidelik Elsburg, Vanderbijlpark, Edenpark en die Oos-Randse Polisie.

Opgesomde punteleer –

Peregrine-uitspeelliga

Eerste spanne: Brakpan 10, Boksburg 9, Kemptonpark 7, Springs 5, Vereeniging 5, ERU 5, NWU Vaal 5, Sasolburg 5, Benoni 1, Nigel 0, VUT -1.

Tweede spanne: Brakpan 10, Boksburg 9, Kemptonpark 7, NWU Vaal 6, Vereeniging 5, Sasolburg 5, Springs 4, ERU 2, Nigel 1, Benoni 0, VUT 0.

Onder 21-spanne: Vereeniging 10, Springs 10, ERU 10, Kemptonpark 10, Brakpan 6, Sasolburg 4, Boksburg 2, NWU Vaal 0, VUT 0, Nigel 0, Vanderbijlpark 0.

Kestrelliga

Meyerton 10, Heidelberg 5, Buffels 5, Delmas 5, Edenvale Panthers 4, Oos-Randse Polisie 4, Vanderbijlpark 0, Elsburg 0, Edenpark 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.