Van der Westhuizen sal beheer van CB-eindstryd neem

Argieffoto

Marius van der Westhuizen sal Saterdag in beheer van sy eerste Curriebeker-eindstryd wees wanneer die Cheetahs die Leeus in Bloemfontein pak.

Die eindstryd sal ook die laaste keer wees dat Shaun Veldsman sake op die televisie sal dophou. Die ervare TV-skeidsregter tree ná die wedstryd uit – sy loopbaan het langer as 20 jaar gestrek.

Dan sal Egon Seconds en AJ Jacobs vir Van der Westhuizen langs die kantlyn bystaan.

Die naweek se skeidsregter-aanstellings:

  • Curriebeker-promosie/relegasie-wedstryd tussen die Pumas en die Griffons op Mbombela: Cwengile Jadezweni (skeidsregter), Stephan Geldenhuys (assistent-skeidsregter) en Jaco Pretorius (assistent-skeidsregter). Johan Greeff is die televisie-skeidsregter.
  • Curriebeker-eindstryd tussen die Leeus en die Cheetahs in Bloemfontein: Marius van der Westhuizen (skeidsregter), AJ Jacobs (assistent-skeidsregter) en Egon Seconds (assistent-skeidsregter). Shaun Veldsman is die televisie-skeidsregter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nelis ·

Marius vdWesthuizen het Saturdag erg getjank totdat die Sharks se waterboy verwyder is. Daarna het hy al die Cheaters se aanslane en forward passes oorgesien. Jammer Leeus julle gaan nie wen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.