Van Graan se bekerkans sneuwel in Bordeaux

Die kans dat die gewese hulpafrigter van die Springbokke, Johann van Graan, se Munster-span die eindstryd van die Europese Kampioenebeker haal, het in Bordeaux gesneuwel.

Die Franse klub Racing 92 het die Ierse provinsie in die halfeindronde met met 27-22 verslaan.

Maxime Machenaud, Racing se Franse toetsskrumskakel, het 17 van sy span se punte met ʼn drie, drie doelskoppe en twee strafdoele behaal.

Sy Hane-spanmaat Teddy Thomas (vleuel) het twee drieë vir die wenspan gedruk.

Racing kom op 12 Mei in Bilbao, Spanje, in die eindstryd teen die Ierse provinsie Leinster te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.