Van held tot skurk in enkele sekondes

Dit was Saterdag ʼn klassieke geval van held tot skurk in enkele sekondes in die halfeindstryd om die Bolandse Grootuitdaagbeker.

Gavern Skippers van Wesbank (Malmesbury) het 26 van sy span se punte teen Worcester Villagers behaal om hulle met 41-43 binne trefafstand van ʼn oorwinning te hou.

Hy het twee drieë gedruk, en met vyf doelskoppe en ʼn strafdoel geslaag.

Toe misluk hy in die doodsnikke van die wedstryd met ʼn haalbare strafskop, wat sy span ʼn plek in die eindstryd sou besorg het.

Die Boland-rugbyunie se halfeindrondes is Saterdag in Wellington afgehandel, nadat die seisoen laat begin het vanweë ʼn droogte en gevolglike watertekort in die Wes-Kaap wat die velde onspeelbaar gemaak het.

In die ander halfeindstryd in die reeks om die Grootuitdaagbeker moes die verdedigende kampioen, Roses United (Wellington), diep delf om Saldanhabaai met 30-28 te klop. Die uitdager was rustyd met 21-13 voor.

Die puntemakers –

Roses United 30 (13) – Drieë: K. Ceasar, E. Davids, Johnwen Lewis. Doelskoppe: Jacquin Jansen (3). Strafdoele: Jacquin Jansen (3).

Saldanhabaai 28 (21) – Drieë: Shilton van Wyk, Divan Joshua, Emile Booysen. Doelskoppe: Shilton van Wyk (2). Strafdoele: Shilton van Wyk, J. Cloete. Skepdoel: C. Vraagom.

Worcester Villagers 43 (26) – Drieë: G. Africa (2), S. Issel, Yrin Belelie, E. Valla, L. Eksteen, strafdrie. Doelskoppe: Y. Johnson (3).

Wesbank 41 (17) – Drieë: E. van Rooyen, G. Le Fleur, Gavern Skippers (2), R. April. Doelskoppe: Gavern Skippers (5). Strafdoele: Gavern Skippers (2).

♦ Geeneen van verlede jaar se ander ligawenners – Rangers Bredasdorp (Streekuitdaagbeker), Elandskloof (Gemeenskapskild) en Lindeshof (Eerste Liga) – kon vanjaar se halfeindronde haal nie.

In die reeks om die Streekuitdaagbeker het Worcester Perseverance korte mette met Saron gemaak en met 51-20 gewen; en Touwpark het Majestics met 29-20 verslaan.

Die puntemakers –

Worcester Perseverance 51 (29) – Drieë: M Malgas (2), J Lodewyk (2), G Jacobs, H Human, J Arendse. Doelskoppe: A Johnson (4), E Setera. Strafdoele: A Johnson (2).

Saron 20 (15) – Drieë: J Bam, M Baron (2). Doelskop: C Witbooi. Strafdoel: C Witbooi.

Touwpark 29 (10) – Drieë: C. Isaacs, M. Bobbejee, F. Kok (2), S. Fundakub. Doelskoppe: B. Smith (2).

Majestics 20 (15) – Drieë: C. Evertson, M. Mentor, S. Mouton, M. Pickard.

♦ Red Stars was rustyd met 17-14 voor in die een halfeindstryd om die Gemeenskapskild, maar Evergreen Nuy het die bordjies verhang en met 33-22 gewen.

Klipdrift het sy wedstryd teen Die Dorings gemaklik met 40-25 gewen.

Die puntemakers –

Evergreen Nuy 33 (14) – Drieë: Johayne Adams, Morné Arendse, Bernard Antonie, David von Eden, Llewellyn Segelaar. Doelskoppe: Carlo Wilschut, Jason van Rooi (3).

Red Stars 22 (17) – Drieë: Warren Engelbrecht, Abraham Engelbrecht (2), Dean Hector. Doelskop: Randell Swanepoel.

Klipdrift 40 (30) – Drieë: Wayne Arendse (3), Jim van Heerden, Gilbert Korebe. Doelskoppe: Faizel Fielies (2), Johannes Claasen. Strafdoele: Faizel Fielies (3).

Die Dorings 25 (13) – Drieë: Conroy Arendse, Christian Olivier, Eric Nkosana. Doelskoppe: Benzone Tieties, Angelo Thompson. Strafdoel: Benzone Tieties. Skepdoel: Benzone Tieties.

♦ In die Eerste Liga het Helderstroom vir Stryders van Barrydale met 26-20 uitgeskakel, en Young Warriors het met 31-10 met Young Good Hope van Ceres klaargespeel.

Die puntemakers –

Helderstroom 26 (12) – Drieë: Lesley Adams, Clive Phillips, Aidon Davids, Joshua Marthinus. Doelskoppe: Joshua Marthinus (3).

Stryders Barrydale 20 (10) – Drieë: Marun Esau, Sameul Mbuse, Ricardo Inte, Willmore Mentoor.

Young Warriors 31 (21) – Drieë: Mario Wilschut, Merwin Kock, strafdrieë (2). Doelskoppe: Donro Kock (2). Strafdoele: Donro Kock.

Young Good Hope Ceres 10 (5) – Drieë: Rayno de Bruin, Cheswin Fredericks.

♦ Die eindstryde word Saterdag op Esselenpark, Worcester, uitgespook.

Die program –

09:30 Helderstroom teen Young Warriors (Eerste Liga)
11:20 Evergreen Nuy teen Klipdrift (Gemeenskapskild)
13:10 Worcester Perseverance vs Touwpark (Streekuitdaagbeker)
15:30 Worcester Villagers teen Roses United (Grootuitdaagbeker).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.