Vandag se sportnuus

Die All Blacks se Beauden Barrett. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Sam Cane sal Sondag vir die eerste keer die All Blacks op die rugbyveld aanvoer wanneer die Nieu-Seelanders teen Australië in Wellington speel.

Die All Blacks het weer eens ’n gedugte span met Beauden Barrett op heelagter en Richie Mo’unga wat in die no. 10-trui sal speel.

Die wedstryd begin Sondag om 05:00 (SA tyd).

All Blacks: Beauden Barrett (heelagter), Jordie Barrett (regtervleuel), Rieko Ioane (buitesenter), Jack Goodhue (binnesenter), George Bridge (linkervleuel), Richie Mo’unga (losskakel), Aaron Smith (skrumskakel), Ardie Savea (agtsteman), Sam Cane (kaptein en flank), Shannon Frizell (flank), Sam Whitelock (slot), Patrick Tuipulotu (slot), Ofa Tu’ungafasi (stut), Codie Taylor (haker) en Joe Moody (stut). Plaasvervangers: Dane Coles, Karl Tu’inukuafe, Nepo Laulala, Tupou Vaa’i, Hoskins Sotutu, TJ Perenara, Anton Lienert-Brown en Caleb Clarke.

Australië: Tom Banks (heelagter), Filipo Daugunu (regtervleuel), Hunter Paisami (buitesenter), Matt To’omua (binnesenter), Marika Koroibete (linkervleuel), James O’ Connor (losskakel), Nic White (skrumskakel), Pete Samu (agtsteman), Michael Hooper (flank), Harry Wilson (flank), Matt Philip (slot), Lukhan Salakaia-Loto (slot), Taniela Tupou (stut), Folau Fainga’a (haker) en James Slipper (stut). Plaasvervangers: Jordan Uelese, Scott Sio, Allan Alaalatoa, Rob Simmons, Rob Valentini, Jake Gordon, Noah Lolesio en Reece Hodge.

  • Dan begin die Superrugby Unlocked-reeks ook hierdie naweek in Suid-Afrika.

Bepalings:

Vrydag: Lions teen Sharks (19:00)

Saterdag: Cheetahs teen Pumas (16:30)

Saterdag: Bulls teen Griekwas (19:00)

Tennis:

  • Die VSA se Sofia Kenin en Pole se Iga Świątek speel Saterdag in die eindstryd van die Franse Ope in Parys.

Die manshalfeindstryde word vandag aangebied met Rafael Nadal en Diego Schwartzman wat eerste afslaan, gevolg deur Novak Djokovic en Stefanos Tsitsipas.

Krieket:

  • In gisteraand se IPL-wedstryd het die Sunrisers Hyderabad die Kings XI Punjab met 69 lopies geklop.

Die Punjab-span se Nicholas Pooran het wel die vinnigste vyftigtal van vanjaar se toernooi geslaan. Dit het hom net 17 aflewerings geneem om die mylpaal te bereik en hy is uiteindelik vir 77 uitgehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.