Varsity-opwinding duur voort

Foto: GB Jordaan.

Nadat Maties in die eerste ronde van die Varsitybeker met 26 – 20 teen Ikeys vasgeval het, het hulle gisteraand hul veldtog weer op koers gekry toe hulle die Universiteit van die Wes-Kaap met 43 – 21 getroef het.

André-Hugo Venter, die Stellenbosch-studente se haker en seun van die voormalige Springbok-flank André Venter, het vier van sy span se drieë gedruk.

In ander wedstryde het Tukkies die Universiteit van Johannesburg ore aangesit, terwyl die NWU Arende, Ixias en Ikeys ook hul wedstryde gewen het.

Uitslae en puntemakers:

  • Maties 43 – 21 Universiteit van die Wes-Kaap:

Maties: Drieë: Muzier Hartzenberg, André-Hugo Venter (4) en Sean Swart (2). Doelskoppe: Christopher Schreuder (4).

UWK: Drieë: Tariq Mynhardt, Tinotenda Masevere en Patrick Kotze. Doelskoppe: Branden de Kock (2).

  • Ixias 51 – 13 Madibaz:

Ixias: Drieë: Janus Venter (2), Ricoman Titus, Cohen Jasper (2) en Neill Stannard (2). Doelskoppe: Charles Williams (5) en Cohen Jasper.

Madibaz: Drieë: Tembekile Boltina en Duan du Plessis. Strafskop: Tiaan Schutte.

  • Tukkies 47 – 19 Universiteit van Johannesburg:

Tukkies: Drieë: Hanru Sirgel, Ambesa Zenzile, Clyde Lewis, Eduan Lubbe en Wian van Niekerk. Doelskoppe: Zander du Plessis (3). Strafskoppe: Du Plessis (4).

UJ: Drieë: Boldwin Hansen. Doelskop: Jurich Claasens. Strafskop: Jonathan Viljoen en Jurich Claasens (3).

  • Ikeys 40 – 22 Wits:

Ikeys: Drieë: Devon Arendse (2), Josh van Vuuren, Connor Evans. Doelskoppe: James Tedder (4). Strafskoppe: Tedder (4).

Wits: Drieë: Justin Brandon, Ebot Buma, Morné Brandon. Doelskoppe: Kurt Webster (2). Strafskop: Webster.

  • Arende 32 – 22 Shimlas:

Arende: Drieë: Keano Wingvogel, Ruben Dreyer, Riaan Genis en Gustav du Rand. Doelskoppe: Keagan Fortune (3). Strafskoppe: Fortune (2).

Shimlas: Drie: William Moffat. Doelskop: JP Duvenage. Strafskoppe: Duvenage (5).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vrijburger ·

“At least five players of colour must be included in every Varsity Cup starting XV this season. Like last year, players of colour need to make up 35% of a team’s match 23. However, in 2019, at least five of those players must start.”

Nee wat, gaan soek julle ondersteuning op ‘n ander plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.