Varsitybeker: heelwat op die spel in Maandag se wedstryde

Marno Redelinghuys lei die Pukke mMaandag. (Foto Liam Hamer/Saspa)

Marno Redelinghuys lei die Pukke Maandag. (Foto Liam Hamer/Saspa)

Met twee spanne wat hulle Varsitybeker-veldtogte na neerlae verlede week weer op koers wil kry, twee spanne wat steeds segeloos is en ’n span wat sy onoorwonne status wil beskerm kan Maandag se wedstryde kwalik as vervelig beskou word.

Stryd van buurmanne

Terwyl die Ixias op soek is na hulle eerste oorwinning, sal die Shimlas desperaat wees om hulle Varsitybeker-veldtog weer op koers wil kry wanneer die twee Bloemfonteinse buurmanne Maandagmiddag slaags raak.

Die Ixias en die Shimlas het albei verlede week pak gekry. Die Ixias is in Johannesburg deur Wits afgeransel, terwyl die Shimlas onverwags op hulle tuisveld teen die Ikeys verloor het.

Van die Ixias se krag is dusver jaar nog bitter min gesien. Onder die losvoorspelers het Stefan Kruger en die kaptein Dean Rossouw en agterlangs die losskakel Martin Jacobs en Darren Adonis, wat in die eerste wedstryd teen die Ikeys skitterend was en na ’n dyspierbesering weer in die span is, al gewys van watter stoffasie hulle gemaak is. Maar daar was nog nie regtig tekens van ’n doelgerigtheid en ’n spanpoging nie.

Die Shimlas het voor hulle neerlaag verlede week die seisoen tekens van ’n kampioenspan getoon. Die lostrio van Daniel Maartens, Phumzile Maqondwana en Wilandre Kotzenburg is veral die Shimlas-spelers wat al die oog gevang het.

Daarby het die vleuel Marco Mason ook reeds die seisoen gewys dat hy nie net die pad doellyn toe ken nie, maar ook oor ’n geleerde skopvoet beskik.

Spanne –
Ixias:
15. Darren Adonis, 14. Ruan Wasserman, 13. Waldo Putter, 12. Johan Nel, 11. Olwethu Ndakisa, 10. Martin Jacobs, 9. Ruben Heymans, 8. Stefan Kruger, 7. Burger van Niekerk, 6. Dean Rossouw (kapt.), 5. André Venter, 4. Kian Skippers, 3. Henco Smit, 2. Stefan Jacobs, 1. Jean Volkwyn. Bank: 16. Bester Olivier, 17. Kabous van Schalkwyk, 18. Kyle Ess, 19. Vincent Maruping, 20. Dian Dry, 21. Dean Jacobs, 22. Denver Kleu, 23. Branden Verster.
Shimlas: 15. Sechaba Motsoela, 14. Carel Wynand Coetzee, 13. Lihleli Xoli, 12. Stephen  Janse Van Rensburg (kapt.), 11. Marco Mason, 10. Nicholas Naude, 9. Dian Badenhorst, 8. Wilandre Kotzenburg, 7. Phumzile Maqondwana, 6. Daniel Maartens, 5. Neil Claasen, 4. Raymond Woest, 3. Ruan Kramer, 2. Hanno Snyman, 1. Kwenzokuhle Blose. Bank: 16. Francois Steyn, 17. Johan Kotze, 18. Thabiso Msiza, 19. Ruben Schoeman, 20. Musa Mahlasela, 21. Armand Pretorius, 22. Vuyani Maqina, 23. Niel Stannard.

Afskop: 16:45 (Regstreeks op SuperSport 1)

Tuks verdedig onoorwonne status oorkant die Jukskeirivier

In Johannesburg speel die UJ, wat ook steeds opsoek na ’n eerste oorwinning is, gasheer vir Tuks.

Tuks, sal hulle onoorwonne status wil behou teen ’n UJ-span wat eenvoudig moet wen indien hulle verder in vanjaar se Varsitybekerreeks wil saam gesels.

Tuks se binnesenter, Impi Visser, het verlede week teen die Madibaz feitlik elke keer gaan druk wat hy aan die bal gevat het.

Werner Janse van Rensburg, afrigter van die UJ, se opdrag aan sy span sal duidelik wees: dwing ons wedstrydplan op Tuks af en dwing hulle om foute te maak.

Die losskakel Divan Nel het ’n betroubare skopvoet en sal foute van die besoekers kan uitbuit.

Spanne –
UJ:
15. Peter John Walters, 14. Tyreeq February,13. Aphiwe Dyanti, 12. Jaco Fourie, 11. Godfrey Ramaboea, 10. Divan Nel, 9. Johan Esterhuizen, 8. Leon Massyn, 7. Adrian Bester, 6. Wian Conradie, 5. Estian Enslin, 4. Reinhaardt
Nothnagel, 3. Nico du Plessis, 2. Johannes Snyman (kapt.), 1. Waldo Weideman. Bank: 16. Le Roux Baard, 17. Kyle Kruger, 18. Chergin Fillies, 19. James Venter, 20. Kevin du Randt, 21. Siya Nzuzo, 22. Ewan Adams, 23. Dominic Kroezen.
Tuks: 15. Divan Rossouw, 14. Dewald Naude, 13. Toko Maebane, 12. Impi Visser, 11. Sibahle Maxwane, 10. Tinus de Beer, 9. Theo Maree, 8. Clyde Davids, 7. Chris Massyn (kapt.), 6. Eduan Lubbe, 5. Brian Leitch, 4. Aston Fortuin, 3. Neethling Fouche, 2. Jan-Henning Campher, 1. Andrew Beerwinkel. Bank: 16. Theuns Reynolds, 17. Jaco Holtzhausen, 18. Marius Verwey, 19. Jsuan-Re Swanepoel, 20. Raegen Oranje, 21. Joshua Stander, 22. Manie Libbok, 23. Franco van den Berg.

Afskop: 19:00 (Regstreeks op SuperSport 1)

madibaz-logoMaties wil momentum behou

Die Madibaz reis na Stellenbosch om met die Maties kragte te meet nadat hulle verlede week vasgeval het.

Die Maties daarenteen sou baie selfvertroue uit hul oortuigende oorwinning verlede week teen die Pukke geput het. Maar dit is ook belangrike momentum waarop die Stellenbossers sal wil voortbou.

Hulle flank Kobus van Dyk het verlede week die Pukke by die losgemale ore aangesit. Hierdie week sal hy egter sy storie moet ken teen die Madibaz se briljante agsteman en kaptein Kevin Kaba en die flank Stephanus Niewoudt.

Die Maties se agterste driehoek van Craig Barry, Duncan Saal en Edwill van der Merwe se vermoë met die bal in die hand is welbekend en hulle kan die skaal in die tuisspan se guns swaai.

Spanne –
Maties:
15. Craig Barry, 14. Duncan Saal, 13. Michal Hazner, 12. Braam Venter (kapt.), 11. Edwill van der Merwe, 10. Chris Smith, 9. Brendon Nell, 8. Devon Nash, 7. Kobus van Dyk, 6. Mitchell Carstens, 5. Johan Momsen, 4. Ian Groenewald, 3. JE van der Merwe, 2. Craig Corbett, 1. Niel Oelofse. Bank: 16 Freddie Kirsten, 17 Wesley Adonis, 18 Wikus Groenewald, 19. Ernst van Rhyn, 20. Johann van Niekerk, 21. Logan Boonzaaier, 22. Chris Smit, 23. Tiaan Swanepoel.
Madibaz: 15. Lindelwe Zungu, 14. Athenkosi Mayinje, 13. Siphumelele Msutwane, 12. Somila Jho, 11. Ivan-John du Preez, 10. Thomas Kean, 9. Rouche Nel, 8. Kevin Kaba (kapt.), 7. Henry Brown, 6. Stephanus Niewoudt, 5. Gerrit Huisamen, 4. Wynand Grassmann, 3. Nicholaas Oosthuizen, 2. JP Jamieson, 1. Xandre Vos. Bank: 16. Jedwyn Harty, 17. Tembelihle Yase, 18. Nicolas Roebeck, 19. Janse Roux, 20. Robert Izaks, 21. Lovu Claassen  22. Jordan Koekemoer, 23. Jixie Molapo.

Afskop: 18:30

Pukke kan omgesukkelde Ikeys verwag

Die Pukke kom in Potchefstroom teen die Ikeys staan. Dat dit ’n omgesukkelde Ikeys-span sal wees is amper verseker. Die Kapenaars is stert in die lug nadat hulle verlede week die Shimlas in Bloemfontein getroef het.

Die Pukke daarteenoor het verlede week sleg pak teen die Maties gekry en kan nie bekostig om weer vas te val nie. Daarby draf die Potchefstromers sonder hulle besielende kaptein Jeandré Rudolph, wat harsingskudding teen die Maties opgedoen het, op die veld.

Marno Redelinghuys sal die span in Rudolph se afwesigheid aanvoer en hierdie is die ideale geleentheid vir hom om te toon van watter stoffasie hy gemaak is.

Jonathan Mokuena, afrigter van die Pukke, het verskeie veranderinge aan die span aangebring wat verlede week vasgeval het. Van die veranderinge is as gevolg van beserings, maar die heelagter Lungelo Gosa se skuif na die plaasvervangersbank is waarskynlik die gevolg van ’n louwarmvertoning verlede week.

Na die Ikeys se oorwinning verlede week, word daar met nuwe oë na die Kapenaars gekyk en sal hulle die nuwe vertroue in hulle wil regverdig.

Spanne –
Pukke:
15. Tapiwe Mafura, 14. Jimmy Mpailane, 13. Elden Schoeman, 12. Jaap Pienaar, 11. Justin Newman, 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September, 8. Marno Redelinghuys (kapt.), 7. Boela Venter, 6. Marcell Henn, 5. Walt Steenkamp, 4. Loftus Morrison, 3. Kabelo Motloung, 2. Louis van der Westhuizen, Dolf van Deventer. Bank:  16. Dane van der Westhuizen, 17. Dewald Dekker, 18. Morné Strydom, 19. Estehan Visagie, 20. Wandile Mazibuko, 21. Caleb Louw, 22. Nkululeko Mcuma, 23. Lungelo Gosa.
Ikeys: 15. Lohan Lubbe, 14. Rayno Mapoe, 13. Tristan Mouton, 12. Rico Lategan, 11. Joel Smith, 10. Rob Anderson, 9. Stefano de Gouveia, 8. Nyasha Tarusenga, 7. Luke Stringer, 6. Jason Klaasen (kapt.) 5. Gary Porter, 4. Duncan Saffy, 3. Michael Kumbirai, 2. Cuan Hablutzel, 1. Wayrin Losper. Bank: 16. Martin Chandler, 17. William Day, 18. Lee-Marvin Mazebuko, 19. Nama Xaba, 20. Sanele Malwane, 21. Alva Sendreyani, 22. Hilio De Abreu, 23. Gerard Pieterse.

Afskop: 18:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.