Varsitybeker: Maandag sal ʼn hele klompie vrae beantwoord

Rhyno Herbst, Wits se slot, hou daarvan om met die bal te hardloop. (Foto Liam Hamer Nel/Saspa)

Rhyno Herbst, Wits se slot, hou daarvan om met die bal te hardloop. (Foto Liam Hamer Nel/Saspa)

Daar is sommer ʼn hele klompie vrae oor Maandag se Varsitybeker-wedstryde wanneer die derde ronde in die reeks gespeel word.

Seker die interessantste is of die stryd tussen die Pukke en die Maties ’n kykweer van 2016 se eindstryd wees; en gaan die onderskatte Wits ’n eerste oorwinning behaal; ook, sal die Shimlas hulle voorsprong op die punteleer vergroot; en kan die Madibaz vir Tuks verras?

Maties sal wil vergoed teen die Pukke

Maandag se hoogtepunt is gewis die wedstryd tussen die Maties en die Pukke wat in die Danie Craven-stadion beslis word.

Dit is ’n herhaling van verlede jaar se eindstryd toe die Potchefstromers die wedstryd in beseringstyd beklink en die Stellenbosse skare verslae gelaat het.

Maandagaand kry Jeandré Rudolph, kaptein van die Pukke en sy manskappe die kans om weer vir die Maties tong uit te steek. Hoewel daar min van die klas van 2016 se agterspelers oor is, kan die Maties hulle regmaak om deur die senter Henko Marais voosgeduik te word.

Marais en sy sentermaat Elden Schoeman en die heelagter Lugelo Gosa het boonop net ’n halwe geleentheid met die bal in die hand nodig om amok te maak.

Maar Hawies Fourie, afrigter van Maties, sou die lesse van daardie eindstryd ter harte geneem het. Wees verseker dat hy dit by sy spelers sal inprent om vir 80 minute en selfs meer as dit gefokus op die uitkoms te wees. En die uitkoms is ononderhandelbaar ’n oorwinning.

Spanne-

NWU-Pukke: 15. Lungelo Gosa, 14. Jimmy Mpailane, 13. Elden Schoeman, 12. Henko Marais, 11. Tapiwe Mafura, 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September, 8. Jeandré Rudolph (kapt.), 7. Boela Venter, 6. Wandile Mazibuko, 5. Walt Steenkamp, 4. Loftus Morrison, 3. Dewald Dekker, 2. Wilmar Arnoldi, 1. Dolf van Deventer. Bank: 16. Louis van der Westhuizen, 17. Nico van Tonder, 18. Morné Strydom, 19. Marno Redelinghuys, 20. Marcel Henn, 21. Caleb Louw, 22. Nkululeko Mcuma, 23. Justin Newman.

Maties:15. Craig Barry (kapt.), 14. Duncan Saal, 13. Kyle Steyn, 12. Braam Venter, 11. Edwill van der Merwe, 10. Ernst Stapelberg, 9. Paul de Wet, 8. Kobus van Dyk, 7. Janco Venter, 6. Mitchell Carstens, 5. Ernst van Ryn, 4. Ian Groenewald, 3. Jacobus van der Merwe, 2. Craig Corbett, 1. Niel Oelofse. Bank: 16. Hendrik Luus, 17. Wesley Adonis, 18. Christian Hamman, 19. Johann van Niekerk, 20. Devan Nash, 21. Logan Boonzaaier, 22. Chris Smith, 23. Michal Haznar.

Afskop: 19:00 (Regstreeks op SuperSport 1)

Tyd vir Wits om oorwinning te behaal

Daar is vooraf groot gewag gemaak van Wits wat hierdie jaar die verrassingpakkie van die toernooi gaan wees. Met goeie reg ook, die span het meer as ’n handvol potensiële rugbysterre, is goed afgerig en speel hul harte uit.

In die eerste ronde was Wits ongelukkig om teen die Shimlas te verloor en verlede naweek het hulle amper die Maties in Stellenbosch  geklop.  Nou is dit tyd om daardie eerste oorwinning te behaal.

Met die losskakel Warren Gilbert en die 2016-skolester Wandisile Simelane op vleuel is daar agterlangs meer as genoeg spelers wat die gang van ’n wedstryd kan verander.

Voorlangs het die flank Ruan McDonald en die slotpaar van Rhyno Herbst en Graham Logan sover gewys dat hulle menere is.

Die Ixias sal Maandag Johannesburg toe optrek met die doel om ’n oorwinning te behaal, nadat hulle verlede week naelskraap teen die Ikeys in winderige omstandighede verloor het.

Hulle losskakel Martin Jacobs en kaptein en flank Dean Rossouw het wel gewys wat in hulle steek, maar van die ander spelers sal ook moet uithaal en wys indien hulle Wits wil klop.

Die Ixias het ’n terugslag beleef met die opwindende heelagter, Darren Adonis, wat verlede week twee keer gaan druk het, maar wat Maandag as gevolg van ’n dyspierbesering die aksie van die kantlyn af sal moet dophou.

Spanne-

Wits: 15. Luxolo Ntsepe, 14. Kwanele Ngema 13. Joshua Jarvis, 12. Brandan Hewitt, 11.Wandisile Simelane, 10. Warren Gilbert (kapt.), 9. Ruan Cloete, 8. Constant Beckerling, 7. Conor-Terrah Brocksmidt, 6. Ruan Macdonald, 5. Rhyno Herbst, 4. Graham Logan, 3. Luvuyo Pupuma, 2. CJ Conradie, 1. CJ Greeff. Bank: 16. Justin Brandon, 17. Brandon Palmer, 18. Pascal Snyman, 19. Jethro de Lange, 20. Karl Erasmus, 21. Manuel Rass, 22. Jarred Branco, 23. Ameer Williams.

Ixias: 15. Klue Denver, 14. Masego Toolo, 13. Walso Putter, 12. Clinton Toua, 11. Tiisetso Madonsela, 10. Martin Jacobs, 9. Ruben Heymans, 8. Stefan Kruger, 7. Sylvestor Makakole, 6. Dean Rossouw (kapt.), 5. Rayno Nel, 4. Pieter Venter, 3. Hendrik Smit, 2. Theunis Truter, 1. Jean Volkwyn. Bank: 16. Stefan Jacobs, 17. Kabous van Schalkwyk, 18. Kyle Ess, 19. Kian Skippers, 20. Dian Dry, 21. Dean Jacobs, 22. Ruan Wasserman, 23. Denzil Fiff.

Afskop: 16:45 (Regstreeks op SuperSport1)

Shimlas sal hul plek op punteleer wil verstewig

Die Shimlas is na twee rondes boaan die punteleer, nadat hulle in albei hulle wedstryde vanjaar met ’n bonuspunt weggestap het.

Maandagaand kry hulle die geleentheid om hulle posisie te verstewig wanneer hulle gasheer vir die Ikeys in die Rosestad speel.

Die Ikeys kan hulle maar vetsmeer vir ’n warm ontvangs. Die Shimlas het hierdie seisoen opwindende hardlooprugby gespeel, en die Kapenaars gaan hulle keer moet ken.

Daar was wel verlede week in die Ikeys se naelskraapse oorwinning oor die Ixias tekens van briljantheid, maar of dit genoeg is om die Shimlas te klop is ’n ope vraag.

Slaag die Ikeys nie daarin om die Shimlas se lostrio van Bernardus Erasmus, Musa Mahlasela en Daniel Maartens, met die briljante Phumzile Maqondwana wat op die bank sit, hok te slaan nie, kan dit ’n onaangename uitstappie vir die Kapenaars wees.

Spanne-

Shimlas: 15. Sechaba Motsoela, 14. Carel-Jan Coetzee, 13. Lihleli Xoli, 12. Stephan Janse van Rensburg (kapt.), 11. Marco Mason, 10. Nicholas Naude, 9. Dian Badenhorst, 8. Bernadus Erasmus, 7. Musa Mahlasela, 6. Daniel Maartens, 5. Neil Claassen, 4. Ruben Schoeman, 3. Ruan Kramer, 2. Hanno Snyman, 1. Thabiso Msiza. Bank: 16. Francois Steyn, 17. Johan Kotze, 18. Kwenzokuhle Blose, 19. Raymond Woest, 20. Phumzile Maqondwana, 21. Albertus Pretorius, 22. Sango Xamlashe, 23. Niel Stannard.

Ikeys: 15. Lohan Lubbe, 14. Rayno Mapoe, 13. Tristan Mouton, 12. Rico Lategan, 11. Joel Smith, 10. Jez Macintyre, 9. Stef de Gouveia, 8. Nyasha Tarusenga (kapt.), 7. Luke Stringer, 6. Nama Xaba, 5.Duncan Saffy, 4. Gary Porter, 3. Michael Kumbirai, 2. Cuan Hablutzel, 1. Wayrin Losper. Bank: 16. Martin Chandler, 17. William Day, 18. Lee-Marvin Mazebuko, 19. Sanele Malwane, 20. Alva Senderayi, 21. Matthew Redman, 22. Rob Anderson, 23. Hilio de Abreu.

Afskop: 18:30

Madibaz kan Tuks beproef

Kan Tuks se aspirasies om die Varsitybeker te lig ernstig opgeneem word?

Dit is die soort vrae wat die Pretorianers Maandag met ’n blink vertoning – en oorwinning – teen die Madibaz kan beantwoord.

Tuks is die afgelope week ’n terugslag toegedien met die nuus dat hulle kaptein Ruan Steenkamp hom by die Bulls in Australië aangesluit het. Maar ’n span bestaan selde uit ’n individu en Chris Massyn, wat sy skoene moet volstaan, is ’n gesoute leier in eie reg.

Die Madibaz het verlede week teen die Pukke gewys hulle is ’n span met baie moed. Spelers soos die kaptein en agsteman Kevin Kaba en die flank Stephanus Niewoudt is vegters tot die einde.

As hulle Tuks wil omdop, sal hulle die tuisspan se balbesit na agter moet afsny. Die Pretorianers se senterpaar van Impi Visser en Toko Maebane kan verwoestend met die bal in die hand wees en die Madibaz krokodiltrane laat huil.

Spanne-

Tuks: 15. Divan Rossouw, 14. Dewald Naude, 13. Toko Maebane, 12. Impi Visser, 11. Sibahle Maxwane, 10. Tinus de Beer, 9. Theo Maree, 8. Clyde Davids, 7. Chris Massyn (kapt.), 6. Eduan Lubbe, 5. Brian Leitch, 4. Aston Fortuin, 3. Neethling Fouche, 2. Jan-Henning Campher, 1. Andrew Beerwinkel. Bank: 16. Theuns Reynolds, 17. Jaco Holtzhausen, 18. Marius Verwey, 19. Jsuan-Re Swanepoel, 20. Raegen Oranje, 21. Joshua Stander, 22. Manie Libbok, 23. Franco van den Berg.

Madibaz: 15. Lindelwe Zungu, 14. Jixie Molapo, 13. Siphumelele Msutwane, 12. Somila Jho, 11. Athenkosi Mayinje, 10. Simon Bolze, 9. Lovu Claassen 8. Kevin Kaba (kapt.), 7. Henry Brown, 6. Stephanus Niewoudt, 5. Gerrit Huisamen, 4. Janse Roux, 3. James Beyl, 2. JP Jamieson, 1. Nicolaas Oosthuizen. Bank: 16. Jedwyn Harty, 17. Xandre Vos, 18. Nicolas Roebeck, 19. Robert Izaks, 20. Jaysen Reinecke, 21. Rouche Nel, 22. Jordan Koekemoer, 23. Ivan-John du Preez.

Afskop: 18:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.