Varsitybeker sorg vir hope aksie

Foto: GB Jordaan.

Daar is min dinge wat by die opwinding en vermaak van Varsitybeker-wedstryde kan kers vashou en die openingswedstryde in Pretoria het nie teleurgestel nie.

Die Universiteit van Pretoria het onder meer vir Witwatersrand met 48–25 afgeransel, terwyl Ikeys gesorg het dat Maties se wenlopie van 25 agtereenvolgende oorwinnings tot ’n einde gekom het.

Ja, daar was steeds nie toeskouers nie, maar universiteitsrugby sorg altyd vir hope driedrukvermaak.

Uitslae:

  • NWU Arende 47–28 Madibaz

Puntemakers:

Foto: GB Jordaan.

Arende: Drieë: Conan le Fleur, Gustav du Rand (2), Pienaar van Niekerk, Ruben Dreyer, Meyer Kriel en Riaan Genis. Doelskoppe: Marco Donges, Le Fleur en Keagan Fortune (3).

Madibaz: Drieë: Khakalethu Bophi, Arnouw Nel, Luyolo Dapula, Kholiwe Khonza. Doelskop: Chadwyn November. Strafskoppe: Christiaan Schutte (2).

  • Universiteit van die Wes-Kaap 28–28 Shimlas

Puntemakers:

Universiteit van die Wes-Kaap: Drieë: Aydon Topley, Gilroy Lee Philander (2) en Lundi Msenge. Doelskoppe: Mikyle Vraagom (2).

Shimlas: Drieë: Pierre Uys (2), Janco Klinck en George Rossouw. Doelskoppe: Ethan Wentzel (3).

  • Ikeys 26–20 Maties:

Foto: GB Jordaan.

Puntemakers:

Ikeys: Drieë: Liam Kloosman, Devo Arendse en Christian Stehlik. Doelskop: James Tedder. Strafskoppe: Tedder (3).

Maties: Drieë: David Brits en Mitchell Carstens. Doelskoppe: Nevaldo Fleurs (2). Strafskoppe: Fleurs (2).

  • Ixias 46–13 Universiteit van Johannesburg

Ixias: Drieë: Johannes Terblanche, Brendon Fortuin, Janus Venter, Ulrich Stander en Cohen Jasper. Doelskoppe: Charles Williams (4). Strafskoppe: Williams (2).

Foto: GB Jordaan.

Universiteit van Johannesburg: Drie: Prince Nkabinde. Doelskop: Jonathan Viljoen. Strafskoppe: Viljoen (2).

  • Tuks 48–25 Wits

Tuks: Drieë: Louwritz van der Schyff, Dewald Donald, Stephan Smit en Clyde Lewis. Doelskoppe: Alex-Zander du Plessis (4). Strafskoppe: Du Plessis (6).

Wits: Drieë: Morné Brandon (2) en Justin Brandon. Doelskoppe: Christian Humphries (2). Strafskoppe: Humphries (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.