Varsitybeker: tweede neerlaag sal groot slag wees

Maties sal vir hul neerlaag teen Tukkies op Coetzenburg teen Wits wil vergoed. Foto GB Jordaan

Maties sal vir hul neerlaag teen Tukkies op Coetzenburg teen Wits wil vergoed. Foto GB Jordaan

Maandag se tweede ronde van die Varsitybekerreeks kan die spanne wat ’n tweede keer verloor se kanse ernstig beduiwel om in die uitspeelrondes te speel.

Die Ikeys se seisoen kan ontspoor

Die eerste wedstryd van die dag word tussen Ikeys en SUT op die Ikeys-rugbyveld in Kaapstad beslis. Die Ikeys is verlede Maandag redelik maklik deur die Madibaz afgeransel. Die Kapenaars kon boonop net een drie druk.

Dit was saam met verlede jaar se wenlose reeks, die agste opeenvolgende neerlaag van die Ikeys.

Christiaan Esterhuizen, breier van die Ikeys, sou die afgelope week dit by sy spelers ingedril het dat om vir ’n wedstryd in dié kompetisie “op te daag” nie bloot aanvaarbaar is nie. Hulle sal moet uithaal, en ook die kanse gebruik wat hulle skep.

Maar maklik gaan dit nie wees nie. Daar word in Bloemfontein hoë verwagtinge van die voormalige Springbok Tiaan Liebenberg gekoester wat deesdae die sweep by die SUT Ixias klap.

Die Bloemfonteiners het verlede week ’n loslootjie gehad en die Ikeys kan verseker weet dat die besoekers hulle huiswerk gedoen het.

Die Ikeys het nou, verlede jaar ingesluit, agt opeenvolgende neerlae gely. 

Spanne –
Ikeys: 15. Rob Anderson, 14. Rayno Mapoe, 13. Sebastian Roedt, 12. Rico Lategan, 11. Joel Smith, 10. Lohan Lube, 9. Stef de Gouveia, 8. Nyasha Tarusenga, 7. Luke Stringer, 6. Jason Klaassen (kapt.), 5. Kuyenzeka Xaba, 4. Duncan Saffy, 3. Michael Kumbirai, 2. Cuan Hablutzel, 1. Waryin Losper. Bank: 16. William Day, 17. Martin Chandler, 18. Lee-Marvin Mazebuko, 19. Sanele Malwane, 20. Alva Senderayi, 21. Hilio de Abreu, 22. Jez McIntyre, 23. Tristan Mouton.
Ixias: 15. Darren Adonis, 14. Masego Toolo, 13. Walso Putter, 12. Louis Nel, 11. Tiisetso Madonsela, 10. Martin Jacobs, 9. Ruben Heymans, 8. Stefan Kruger, 7. Cornelis van Niekerk, 6. Dean Rossouw (kapt.), 5. Rayno Nel, 4. Pieter Venter, 3. Hendrik Smit, 2. Theunis Truter, 1. Jean Volkwyn. Bank: 16. Stefan Jacobs, 17. Stefan van Schalkwyk, 18. Sylvestor Makakole, 19. Kian Skippers, 20. Dean Jacobs, 21. Denver Kleu, 22. Dian Dry, 23. Chrisjan du Toit.

Afskop: 16:45 (Regstreeks op SuperSport 1.)

Pukke en Madibaz sal wil hardloop

Die wedstryd tussen die Pukke en die Madibaz op die Fanie du Toit-sportgrond in Potchefstroom beloof hardlooprugby uit die boonste rakke.

Die Pukke het verlede week die UJ in gietende reën geklop. Alles dui daarop dat spel hierdie week in droë warm weer beslis gaan word, wat albei spanne sal pas.

Verlede week het die Madibaz skitterende hardlooprugby opgedis en die Ikeys van hulle voete af gespeel. Dit het hulle nie net ’n bonuspunt in die sak gebring nie, maar hulle pronk ook bo-aan die punteleer.

Die skakelpaar van die Pukke, Chriswill September en Schalk Hugo, kan die gang van die wedstryd bepaal. Spelers soos die heelagter Lungelo Gosa en die vleuel Jimmy Mpailane kan vernietigend wees met die bal in die hand. Maar dan moet hulle in besit gestel word.

Spanne –
NWU-Pukke: 15. Lungelo Gosa, 14. Jimmy Mpailane, 13. Elden Schoeman, 12. Henko Marais, 11. Tapiwe Mafura, 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September, 8. Jeandré Rudolph (kapt.), 7. Marno Redelinghuys, 6. Wandile Mazibuko, 5. Loftus Morrison, 4. Walt Steenkamp, 3. Dewald Dekker, 2. Wilmar Arnoldi, 1. Dolf van Deventer. Bank: 16. Louis van der Westhuizen, 17. Nico van Tonder, 18. Morné Strydom, 19. Boela Venter, 20. Marcel Henn, 21. Caleb Louw, 22. AK Nela, 23. Justin Newman.
Madibaz: 15. Lindelwe Zungu, 14. Khaya Malotana, 13. Thomas Kean, 12. Somila Jho, 11. Athenkosi Mayinje, 10. Simon Bolze, 9. Lovu Claassen 8. Kevin Kaba (kapt.), 7. Henry Brown, 6. Stephanus Niewoudt, 5. Gerrit Huisamen, 4. Wynand Grassmann, 3. Nicolas Roebeck, 2. JP Jamieson, 1. Xandre Vos. Bank: 16. Jedwyn Harty, 17. Zizi Yase, 18. Janse Roux, 19. Rouche Nel, 20. Jordan Koekemoer, 21. Jordan Koekemoer, 22. Luan Niewoudt, 23. Nicolaas Oosthuizen.

Afskop: 19:00 (Regstreeks op SuperSport 1.)

Shimlas-lostrio kan die vonk verskaf

Die UJ kan hulself ongelukkig ag dat hulle verlede week tuis teen die Pukke vasgeval het. Hierdie week speel hulle weer gasheer, dié keer vir Shimlas wat weer Johannesburg toe moet reis.

Die UJ het verlede week grootliks op hulle losskakel Divan Nel staatgemaak om in die prentjie te bly. Toegegee, dit was in reënweer.

Ronald Brown, heelagter van die UJ, het verlede week telkens gevaarlik met die bal in die hand gelyk. ’n Mens sal graag wil sien wat hy in ’n in ’n agterlyn maak wat oorheers en wat op ʼn droë veld speel.

Die Shimlas was verlede week om die beurt teen Wits goed en middelmatig. Dit is iets wat hulle duur te staan kan kom.

In Bernadus Erasmus, Phumzile Maqondwana en Daniel Maartens het die Bloemfonteiners ’n lostrio wat onder die beste in die kompetisie tel. Wen hulle die stryd om die losbal, kan die Shimlas die toeskouers vermaak. Daar was verlede week tekens van opwindende hardlooprugby wat met voldoende balbesit Maandagaand amper ’n gegewe is.

Spanne –
UJ: 15. Ronald Brown, 14. Peter-John Walters, 13. Godfrey Ramaboea, 12. Jaco Fourie, 11. Aphiwe Dyanti, 10. Divan Nel, 9. Johan Esterhuizen, 8. Jo-Hanko de Villiers, 7. Adrian Bester, 6. Wian Conradie, 5. Estian Enslin, 4. Kyle van Dalen, 3. Nico du Plessis, 2. Johannes Snyman (kapt.), 1. Kanya Gela. Bank: 16. Dillon Bakos, 17. Kyle Kruger, 18. Chergin Fillies, 19. Reinhard Nothnagel, 20. Willem Massyn, 21. Johan Esterhuizen, 22. Ewan Adams, 23. Tshepo Thulo.
Shimlas: 15. Sechaba Motsoela, 14. Carel-Jan Coetzee, 13. Lihleli Xoli, 12. Stephan Janse Van Rensburg (kapt.), 11. Marco Mason, 10. Niell Stannard, 9. Dian Badenhorst, 8. Bernadus Erasmus, 7. Phumzile Maqondwana, 6. Daniel Maartens, 5. Neil Claassen, 4. Raymond Woest, 3. Ruan Kramer, 2. Hanno Snyman, 1. Kwenzokuhle Blose. Bank: 16. Francois Steyn, 17. Johan Kotze, 18. Thabisdo Msiza, 19. Ruben Schoeman, 20. Musa Mahlasela, 21. Albertus Pretorius, 22. Vuyani Maqina, 23. Nicholas Naude.

Afskop: 18:30

Wits voor ʼn yslike uitdaging

Die Maties speel in die Danie Craven-stadion teen Wits.

Die Witsies het amper verlede week verras deur die Shimlas te klop. Nou kom hulle teen hulle teen een van die gunstelinge die seisoen te staan.

Wits se slotpaar, Rhyno Herbst en Graham Logan, is derduiwels wat nie net in die lynstane hulle kant bring nie, maar ook in die vaste fasette en die afbreekpunte meer as hulle kant bring. Die kaptein en losskakel, Warren Gilbert het verlede week met sy leierseienskappe op die veld beïndruk.

Maar die Maties is ’n trotse span wat verlede Maandag se neerlaag teen Tukkies wil regstel en sal wil bewys dat dit ʼn glips was. Hulle draf egter sonder hulle kaptein Beyers de Villiers op die veld.

Craig Barry, wat die kapteinskap oorneem, is egter self ’n gesoute speler wat die Stellenbossers se veldslag weer op koers sal wil kry. 

Spanne –
Maties:
15. Craig Barry (kapt.), 14. Duncan Saal, 13. Kyle Steyn, 12. Braam Venter, 11. Edwill van der Merwe, 10. Ernst Stapelberg, 9. Paul de Wet, 8. Kobus van Dyk, 7. Janco Venter, 6. Mitchell Carstens, 5. Ernst van Ryn, 4. Ian Groenewald, 3. Christiaan Hamman, 2. Craig Corbett, 1. Niel Oelofse. Bank: 16. Hendrik Luus, 17. Jake Blew, 18. Wikus Groenewald, 19. Saud Abrahams, 20. Devan Nash, 21. Logan Boonzaaier, 22. Chris Smith, 23. Michal Haznar.
Wits: 15. Luxolo Ntsepe, 14. Kwanele Ngema 13. Adriaan van Blerk, 12. Brandan Hewitt, 11.Joshua Jarvis, 10. Warren Gilbert (kapt.), 9. Ruan Cloete, 8. Jethro de Lange, 7. Constant Beckerling, 6. Ruan Macdonald, 5. Rhyno Herbst, 4. Graham Logan, 3. Luvuyo Pupuma, 2. CJ Conradie, 1. CJ Greeff. Bank: 16. Justin Brandon, 17. Brandon Palmer, 18. Pascal Snyman, 19. Conor-Terrah Brocksmidt, 20. Jarred Branco, 21. Lwazi Monakali, 22. Themba Mpemvu, 23. Ameer Williams.

Afskop: 18:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.