Hoewel daar net ʼn raps meer as twee weke oor is voordat die Varsitybekerreeks op 29 Januarie afskop, sal die onttrekking van Steinhoff as sekondêre borg nie die reeks ontwrig nie.
Daar is Woensdag bekend gemaak dat die internasionale meubel-en-huiswarehandelsreus as borg van die Varsitybekerreeks onttrek het.
Steinhoff, wat in Desember gevra het dat ʼn ondersoek gedoen word na beweerde rekeningkundige onreëlmatighede en moontlike bedrog, het verlede week ook sy borgskap aan die Blitsbokke onttrek.
Volgens die uitvoerende hoof van die Varsitybekerreeks, Duitser Bosman, is reeds begin met ʼn proses om alternatiewe borggeleenthede te ondersoek.
Al vier Varsitybekerkompetisies – die Varsitybekerreeks, die Varsityskildreeks, die Young Guns-reeks vir o.20’s en die Koshuisreeks – sal soos beplan voortgaan.
Vir meer inligting oor die Varsitybekerkompetisies en ook al die bepalings, klik op die skakel www.varsitycup.co.za
Die manne word in elk geval te veel betaal vir die touch rugby