Vasgekeerde Pumas wysig agt vir Kavaliers

Deon Helberg tydens `n oefening. (Hennie Homann/Steval Pumas)

Deon Helberg tydens `n oefening. (Hennie Homann/Steval Pumas)

Die beleërde Pumas het agt wysigings aangebring vir sy wedstryd Vrydag in Nelspruit teen die Boland Kavaliers.

Die Vodabekerkampioen het dusver albei sy wedstryde in die opstellende ronde van die reeks om die Curriebeker verloor en sal Saterdag `n plan moet maak as hy wil bly saampraat.

Boonop het die Boland reeds bewys dat hy nie vanjaar ligtelik opgeneem moet word nie.

Die opvallendste wysigings is op die bank waar die ervare De-Jay Terblanche (terug ná drie maande in Frankryk en herstel van `n kuitbesering) en die veelsydige Deon Helberg hul plekke inneem. Terblanche vervang Simon Westraadt, wat Khwezi Mona in die opdrafspan vervang, en Helberg vervang Leighton van Wyk.

Die gewese Blou Bul- en Griekwasflank Nardus van der Walt vervang Marnus Schoeman in die opdrafspan, en laasgenoemde skuif bank toe in die plek van Dylan Peterson.

In die agterlyn ruil Bernado Botha en Tyler Fisher met Botha as regtervleuel in die opdrafspan en Fisher op die bank.

Hennie Skorbinski is terug op binnesenter in die plek van Wilmaure Louw.

Die span –

15. Heinrich Steyl, 14. Bernado Botha, 13. Hoffmann Maritz, 12. Hennie Skorbinski, 11. Marcello Sampson, 10. Justin van Staden, 9. Reynier van Rooyen, 8. Carel Greeff, 7. Lambert Groenewald, 6. Nardus van der Walt, 5. Hugo Kloppers (kaptein), 4. Stephan Greeff, 3. Marné Coetzee, 2. Frank Herne, 1. Simon Westraadt. Bank: 16. Francois du Toit, 17. De-Jay Terblanche, 18. Jannie Stander, 19, Marnus Schoeman, 20. Emile Temperman, 21. Deon Helberg, 22. Tyler Fisher.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.