“Vat jou goed en trek Ferreira”

Allister Coetzee (Foto herald.ie)

Allister Coetzee (Foto herald.ie)

Dis nou te laat om iets daaraan te doen, maar Allister Coetzee se volharding met sy besluit om spelers van oorsee te kies dra niks daartoe by om Suid-Afrika se spelerspoel te ontwikkel nie.

Dit is ook geen aansporing vir jong spelers om in die land te bly nie, veral nie met die wisselkoers wat so aanloklik vir hulle is nie.

Nieu-Seeland, Argentinië en Engeland en in ʼn mate Australië pas die beleid streng toe. As jy vir die All  Blacks, Engeland, Poemas en Wallabies wil speel, bly jou in jou land.

Dink net daaraan, as Nieu-Seeland aan Dan Carter vasgeklou het, sou Beauden Barrett (en Aaron Cruden en Lima Sopoago) nie vanjaar kans gekry het nie.

As die All Blacks aan Conrad Smith en Ma’a Nonu vasgeklou het, sou Malakai Fekitoa, Ryan Crotty, Seta Tamanivula en Charlie Ngatai (hy is op die beseringslys) straks ook nie kans gekry het om te ontwikkel nie.  As Joe Rokocoko nog vir die All Blacks gespeel het, sou daar nie plek vir Julian Savea of Nehe Milner-Skudder gewees het nie.

Die Poemas het verlede jaar ook daardie besluit geneem en kyk net hoe het hulle rugby ontwikkel. Hulle het glad nie die diepte van Suid-Afrika nie, en hulle behoort nie Bokke te klop nie. Tóg het hulle dit twee keer in twee seisoene reggekry. Hulle het ʼn rits jong spelers, soos Marcos Kremer (19), Enrique Pieretto (21), Guido Petti (21), Facunda Isa (22), Julian Montoya (22),Santiago Cordero (22) en Pablo Montera (23).

Waar is Suid-Afrika se jonges?

Maar, sou dit enigsins ʼn verskil gemaak het as plaaslike spelers in Suid-Afrika die jawoord gekry het? Loop daar in Suid-Afrika beter spelers as Johan Goosen, Bryan Habana, Francois Hougaard, Morné Steyn,  Steven Kitshoff, Francois Louw en Willem Alberts rond?

In die meeste gevalle nee, maar ek is oortuig daarvan dat Jaco Kriel ʼn beter keuse as Louw is.  Om ook op Steyn (33), Bryan Habana (33) en Alberts (32) terug te val, stuur jy dié boodskap uit na die jonger spelers in Suid-Afrika uit: pak jul tasse, gaan speel maar oorsee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jan ·

Coetzee weet nie wat hy nie weet nie. Glo my hy is nie berei om te leet nie. Sy arrogansie verhinder hom

Erik ·

Die rede omdat ouens rugby gaan speel oorsee is…. Die kwota sisteem ‘n SA Rugby!!! selfs al bly hulle hier die kanse dat hulle gekies gaan word vir beide Springbok of Super spanne word al hoe minder in SA…

Rick Grobler ·

Jy slaan die spyker absoluut 100% op die kop, Pieter… Ons rugby is ‘n groter riller as ons politiek tans, voorwaar “pannick stations”!

Ben ·

Ons rugby is dood. Almal weet waar die fout lê maar mag dit nie sê nie. Esau het darem sy eersgeboortereg verkoop vir ‘n pot sop. Hier word dit wat kosbaar is verkoop om polities korrek te wees. Ons kan die hoofstuk van Springbok Rugby maar toemaak. Dit sal baie liefhebbers van die sport pas. Die All Blacks speel nie net goeie rugby nie, hulle is sommer netjies op die veld ook. n Eenheid met swart stewels en al. Die Sprinbokke lyk soos ‘n Smartieboks. Dan praat ek nie eers van sommige se haarstyle. ‘n Bespotting word van die Bokke gemaak. Die wêreld lag vir ons en wag hulle beurt af om die Bok te slag.

Rupert Ashford ·

Pieter jy weet die saak is nie so eenvoudig in SA nie.

MIN TE SE ·

Ek stem saam met Pieter Kruger, die skrywer van artikel

Pieter Pille ·

Stem saam met die skrywer. Wat ek tog snaaks vind is dat die huidige afrigter geensins dieselfde kritiek ontvang as sy voorganger wie kwansuis nie kon presteer of afrig nie. Morne Steyn is in sy groep, maar toe Heyneke hom ook ingespan het, was dit glo net “blou bulle” wat hy raaksien en kies.

callie ·

Wat pla is dat Aswin Willemse en Kobus Wiese Heyneke Meyer van dag een af beledig het en so afgekraak het dat die meeste mense negatief teenoor hom was.Gaan kyk maar na 3 jaar terug se Superugby toe Frik Du Preez Vir Kobus Wiese uitgehaal het. Met dieselfde passie waarmee Heyneke sleggemaak is het hulle Coetzee opgehemel en verkondig n nuwe era in bok rugby het aangebreek. Gelukkig het n nuwe era aangebreek, al wat kort, Kobes en Aswin moet weer hul passie gebruik en die bok embleem verwyder kry. O ja, moet ook die kwota toeskouers by die veld kry

ouboet ·

Ons probleem is dat almal verwag dat elke bok-afrigter van dag een af alle wedstryde oortuigend met flair moet wen. As dit nie gebeur nie word sy kop geëis.

Natuurlik sal elke afrigter dan sy beste moontlike span kies, ongeag waar hulle speel. In verskeie posisies het plaaslike spelers nog nie hulle hande opgesteek nie. Daar is selfs nog ander oorsese spelers wat beter is as die wat plaaslik beskikbaar is.

Ons moet gaan kyk na die kontrakteringsmodel wat NZ gebruik om seker te maak ons beste talent bly hier. Ons het ‘n nasionale strategie nodig om seker te maak daar is opvolgbeplanning en vaardigheidsontwikkeling met ‘n homogene spelpatroon. Ons verwag te veel van ons bok afrigters. Hulle kan net soveel doen in die kort tyd tot hul beskikking met die spelers.
Vir al die Heyneke haters wat so hulle bekke skoongemaak het oor hoe swak die bokke was onder hom: julle het nog niks gesien nie.

Brett Nell ·

In Australie het n koerant n spotprent gehad van twee spanne nl All Blacks aan die kant en die groen span ( bokke) aan die ander kant wat hulle die Half Blacks noem.

Ons skerm heeltyd weg van die werklike probleem. Niemand het die moed om dit aan te spreek nie. Ons sit met die swakste span in 20 jaar. Ons betaal nou die prys van transformasie. Goeie spelers is op skole vlak al vir 20 jaar oor die hoof gesien en het die sisteem verlaat. As ons na die speler poel kyk sal ons sukkel om `n tweede span op te stel wat ook sy man sal kan staan. Sit daarby n BEE afrigter en wat Saterdag gebeur het gaan die norm word. Dit gaan eers baie slegter gaan voordat dit sal beter word. Eers wanneer politiek totaal uit sport klim.

Nico ·

Praat juis vandag met ‘n oud kollega wie se seun ‘n briljante speler is en nou Iin gr 10 is.Ek sê toe vir hom ek sal enige jong seun nou aanmoedig om na skool onmiddelik oorsee te gaan en daar ‘n internasionale loopbaan te probeer as hulle dink hulle het ‘n goeie kans want ‘n blanke seun veral dobbel met ‘n moontlike toets loopbaan as hy in SA bly

Nico ·

Die pa van die seun wst so goed speel sê dit is reeds in die pyplyn om oorsee te gaan na skool.

Marius ·

Saterdag gaan ‘n grap wees.
All Blacks 63 – Zebras 3
……dis nou die rustydtelling!

Christo Visagie ·

,,,,,,,,,,,,,,,en die eindtelling,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,All Blacks 85,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,Springbokke 9

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.