Vat raak met ʼn afrigter

Allister Coetzee (Foto: sanzarrugby.com)

Allister Coetzee (Foto: sanzarrugby.com)

Dis een van daardie dinge wat ʼn rugbyunie nooit vooraf weet nie – hoe suksesvol sy aanstelling van ʼn rugbyafrigter sal wees.

Die Reds het Maandag aangekondig dat sy paaie met sy afrigter Richard Graham onmiddelik sal skei (kom ons noem dit op sy naam ­- Graham is gepos, afgedank, hy het die trekpas gekry omdat hy nie die mas opgekom het nie).

Dinge gaan darem baie sleg as ʼn  afrigter ná net twee wedstryde van ʼn ellelange reeks afgedank word. Dit moes eintlik al verlede jaar gebeur het, dalk moes Graham nooit die jawoord gekry het toe hy in 2012 aangestel is nie.

Hy het `n wenpersentasie van net 28% gehad, maar die raad het vasgebyt, terwyl die ondersteuners al hoe meer gedreig het en weggebly het. Die plakaat wat een van die jong ondersteuners verlede week omhoog gehou het, het alles in `n neutedop saamgevat: “As Richard bly, dan ry ons”.

Van die eens magtige Queensland (en later die Reds) het net ʼn paar gebroke stukkies oorgebly.

Ek wonder wat Queensland-legendes soos Michael Lynagh, Tim Horan, Jason Little, John Eales, Daniel Herbert en Chris Latham van die debakel dink, of was hulle ook deel van die besluit om Graham in 2012 aan te stel?

Die Reds gaan nie oorhaastig met die aanstelling van ʼn nuwe afrigter wees nie en sal hul net ook oorsee span. Ek sal my kop op ʼn blok sit dat Jake White se naam sal opduik, selfs al doen hy nie aansoek nie.

Om afrigters af te dank, is niks nuut nie. In sokker gebeur dit byna weekliks en in Suid-Afrikaanse rugby het dr Louis Luyt die kuns goed verstaan om fakse te stuur. Ek het hordes by Transvaal, die Lions en Goue Leeus gesien kom en gaan, onder meer Alex Wylie, Ray Mordt, Dawie Snyman, Apies du Toit, Koos Ehlers, Tim Lane, Chester Williams, Frans Ludeke, Loffie Eloff, Dick Muir en John Mitchell.

Binnekort moet die Suid-Afrikaanse Rugbynie (Saru) sy nuwe Bok-afrigter aanwys. Daar is eintlik net een of twee kandidate: Allister Coetzee (wat die aanstelling sal kry met Rassie Erasmus wat hom straks sal bystaan terwyl hy met sy werk by Saru voortgaan) en Johan Ackermann (wat die Lions sal bly afrig).

Hoekom duur dit so lank?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christo Visagie ·

Allister gaan ook nie die pyp rook nie, hy het nie juis veel uitgerig gekry met die agterlyn van die Springbokke nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,en met die WP het hy baie goeie spelers gehad waarmee hy baie beter moes doen,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,net nog ‘n tweede snorre,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

François ·

Rassie het vir SARU laat weet dat hy nie belangstel nie. Hy is ook oppad buiteland toe. Ackerman het gesê hulle moet hom nie eers oorweeg nie. Hy gaan nie die Leeus los nie. (Wie gaan dan sy seuntjie plek gee?) Christo, jy klink soos ‘n regte Blou Bul ondersteuner.

Christo Visagie ·

Toe nie Francois,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,GROOT LEEU ondersteuner sedert 1970

CJAN ·

Los maar vir Johan Ackerman by die Leeus. Of hy nou daar is om sy seun plek te gee of nie die Leeus wen ten minste. Gee vir ‘n Kwota afrigter die pos van Bokbreier, Ou Snorre en Allister. Die volgende wereldbeker gaan die bokke nie eers sy groep fase wen nie.

François ·

Ok, maak nie saak nie, dieselfde kant van die Vaalrivier. Hiehiehie! Grappie. Geniet jou rugby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.