ʼn Puik terugvegpoging van die Griffons het die Noord-Vrystaters Vrydag in staat gestel om hul vernaamste uitdager in die Curriebeker- Eerste Liga op sy plek te sit.
Die Luiperds was rustyd met 15-13 voor in die twee spanne se kragmeting op Klerksdorp, maar die besoekers het op die ou end met 28-22 gewen.
Dit was die Luiperds se eerste slae vanjaar in die reeks (hulle het een keer gelykop gespeel), en die voorloper en verdedigende kampioen behou sy onoorwonne rekord.
Beter afronding het daartoe gelei dat die Griffons vier drieë teen drie gedruk het.
Die reeks se voorste driedrukker, Jeandré Rudolph van die Luiperds, se driekuns in die wedstryd skuif sy totaal tot 11 op – so te sê dubbel die ses wat sy naaste teenstanders gedruk het.
Die puntemakers –
Luiperds 22 (15) – Drieë: Jeandré Rudolph (3). Doelskoppe: Schalk Hugo (2). Strafdoel: Schalk Hugo.
Griffons 28 (13) – Drieë: Cody Basson (2), Khwezi Mkhafu, Tertius Maarman. Doelskop: Jaun Kotzé; Strafdoele: Jaun Kotzé (2).
Ai, ai nie ‘n goeie berig! Hoe kan ‘n span rustyd met 15-13 voorloop en dan 28 – 12 verloor? (28-22). Hoe kan ‘n span net een drie druk maar sy voorste driedrukker behaal ‘n driekuns. Dankie nietemin vir die berig “better luck next time”
Dagsê Jo
Dankie vir jou valkoog. Jammer vir die vingerfout. Die berig is reeds gewysig.
Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media
Eienaardig dat dieselfde berig met dieselfde foute op Facebook verskyn onder die naam van AndreBnester. Wie het dit nou eintlik geskryf?