Verdediger Japan skielik ʼn ander span

Die verdedigende Asiatiese kampioen, Japan, was Saterdag in Tokio skielik ʼn ander span teen Suid-Korea nadat hy sy verdediging merkbaar opgeknap het.

Die Dapper Bloeisels het in hul eerste wedstryd in die Asiatiese Rugbykampioenskap teen die Koreane veral op die verdediging gesukkel.

Hulle het sewe drieë gedruk, maar die Koreane toegelaat om met vyf te antwoord sodat Japan die kragmeting in Incheon, Korea, “slegs” met 47-29 kon wen.

Saterdag was dit ʼn ander storie en die Bloeisels het ʼn ronde dosyn drieë ingeryg, en net twee afgestaan.

Japan was binne 33 minute met 31-0 voor, maar Korea het voor rustyd gaan druk om die telling 31-5 te maak.

Amanaki Lotoahea het drie keer vir die wenspan gedruk, en Samuela Anise, Joetaka Nagare, Naoki Ozawa, Akihito Jamada, Atsoesji Sakate, Rikija Matsoeda, Ryohei Jamanaka, Ryoto Nakamoera en Takesji Hino.

Joempei Ogoera het vyf uit sewe verdoel, en die nuweling Takoeja Jamasawa vyf uit vyf.

Kim Hyun Soo en Yu Jae Hyeok het Suid-Korea se drieë gedruk.

Hongkong is die derde span in die reeks wat tot 3 Junie duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.