Verdediging wéér Blitsbokke se ondergang

Dit was wéér die verdediging, en veral weer toe die teenstanders van diep af aangeval het, wat die Blitsbokke Sondag die kans ontneem het om in hul tuistoernooi in die Wêreldrugby-sewesreeks in Kaapstad in die eindstryd te speel.

Ná die twee hanteer- en verdedigingsglipse wat hul met twee All Blacks-drieë in 28 sekondes (plus die aanspeeltyd sonder foute) die wedstryd gekos het, het dié aspekte weer in duie uitspeelrondes gelok.

Dít, en nóg drie beserings, sal stellig Neil Powell se vernaamste kwellinge wees nadat die Blitse darem Sondag die derde plek en die brons medalje losgespeel het deur Nieu-Seeland dié keer naelskraap met 10-5 te klop.

Albei dié span spanne is in die halfeind uitgeskakel, Suid-Afrika deur Fidji en Nieu-Seeland deur die VSA, wat verlede week hul teenstanders in die Dubai-eindstryd was.

♦  Vir die rekord: Sondag het Fidji die titel op ʼn drafstap gewen toe hulle die eerste keer sedert 2005 in Suid-Afrika baas was. Hulle het die VSA met 29-15 geklop nadat die telling kort duskant die einde op ʼn eindstryd-loesing van 29-5 gestaan het.

♦ Die drie beserings aan Suid-Afrikaanse kant wek kommer. Die Blitse kaptein Philip Snyman, wat uitstekend gespeel het, sal eers later die week weet hoe ernstig sy skouerbesering is, maar die kaptein het waarskynlik ʼn klein fraktuur opgedoen met die moontlike prognose nog onbekend.

Muller du Plessis, wat op die vleuel ʼn besliste verbetering sou gewees het teenoor die vinniger maar toenemend onsekere Shakes Soyizwapi, het ʼn kwaai stamp in die rug gekry en is toe onttrek.

Ook sy hersteltydperk is tans onseker.

Net soos Du Plessis was Zane David een van die uitblinkers, maar ook hý het met sy dyspierbesering in die eindstryd twyfel oor sy deelname op 26 en 27 Januarie in Hamilton, Nieu-Seeland, laat ontstaan.

Die reeks word dan die daaropvolgende week met die vierde toernooi in Sydney voorgesit.

Nóg slegte nuus is die vertrek van Rosko Specman, wat aanstaande jaar vir die Bulls speel. Ondanks sy glipse op die verdediging, was sy aanvalswerk in die twee sewestoernooie uit die boonste rakke.

Daar is darem  ook die goeie nuus dat Cecil Afrika ná sy dyspierbesering, teen daardie tyd weer reg sal wees om in die middelveld slaankrag te gee; die terugkeer van Chris Dry wat verlede week in Dubai vir die Akademiespan sy fiksheid bewys het; en die goeie vertoning deur Kyle Brown wat as leier by Snyman oorgeneem en deurgaans goeie rugby gespeel het.

♦ Die topspanne in die reeks ná twee van die tien toernooie gespeel is, is:

  1. VSA 38
  2. Nieu-Seeland 37
  3. Fidji 35
  4. Engeland 30
  5. Suid-Afrika 29

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

LOL ·

Ek het ‘n probleem met die Blitzbokke wat beserings gebruik as verskoning. SA 7’s span het die beste instituut/akademie/afrigters/begroting/hulpmiddels/borge/medici/ wat nog??? 5de posisie is swak.
Sekerlik is daar spelers wat moet kan inpas sonder om die span swakker te maak. Miskien is ons net nie goed genoeg nie, onthou ‘n ratse en vinnige groot speler is altyd beter as ‘n kleiner een: FIJI se sterkpunt. Rugby bestaan uit aanval en verdedig.

Frans C ·

Met die verlies van soveel sleutelspelers bly dit ‘n baie goeie vertoning deur die Blitsbokke. ‘n Mens vergeet dat 7wes rugby in Fidji amper ‘n godsdiens is,terwyl NZ ‘n feitlik oor ‘n onuitputlike bron van Suid See eiland spelers beskik.

Dalk moet Suid Afrika ook oor sy grense begin werf ,want as die Britte in ekstase raak as groot Fidji-spelers veral in hul 15 man kode hul teenstanders stoomroller,kan ‘n paar groot Keniane dalk ‘n paar probleme plaaslik oplos.

Gatvol ·

Stem nie saam met Frans oor sy siening van die Keniane nie. As hulle so goed is waarom nie presteer hulle nie op internasionale vlak nie? Bly by Suid Afrika. Ons het die spelers wat goed genoeg is. Hou proewe oor die land en julle sal verbaas wees wat daaruit gaan kom. Kies dan die spelers wat die nodige vaardighede het. Dit is vir my belaglik dat daar slegs n klein poel van spelers is en slegs in sekere Provinsies. Die Platteland het die manne wat jy soek..

Frans C ·

As Tendai “Beast” Mtawarira se probleme opgelos kon word, sien ek geen rede hoekom
die Keniane nie ook geakkomodeer kan word nie!

Henk Brand ·

Ek dink die Blitsbokke is ‘n span waarop ons altyd trots kan wees. Ek is wel huidiglik bekommer oor hul verdediging en besluitneming. Te min spoed en sommiges te lig in die broek. Hulle word te maklik van die losskrums weggestoot. Bring terug vir Afrika, Nel Sage, Kwagga en Senatla.

JohanL ·

Ai ons Bok ondersteuners darem.

Ja ek sou ook graag wou gewen het. Ek is ook teleurgesteld oor veral die Bokke se verloor teen die All Blacks in die groepfase. (Ek het nog nie die Bokke/Fiji semi-finaal gekyk nie – darem ge-“tape”).

Maar dinge het verelde jaar ook maar stamperig by tye verloop en tog het ons die reeks gewen – ja, deur by die agterdeur in te glip. Maar dit is sport.

Ons het Blitsbok “setup” is een van die bestes ter wereld en omtrent al die spelers (praat natuurlik nie van die nuwelinge nie) het hul al in die verlede bewys as manne wat die ding kan doen.

Gemeet teen Fiji en die All Blacks – is ons darem “daar” en op die regte pad. 1 uit 2 wedstryde teen All Blacks gewen, waarvan die verloorwedstryd in doodsekondes (of selfs daarna) verloor is. Teen Fiji ook elke keer naelskraaps verloor. As ek reg het, nog nie hierdie reeks teen VSA gespeel nie. So dit is die klein dingetjies wat net reg gedoen moet word en verskil kan maak.

Ek herhaal – sou ook veral die afgelope naweek ‘n Bok wen wou gesien het, maar ons moet tog nie so erg gal braak nie. Die verskil tussen die top 5-6 spanne is baie klein tans.

Pieter ·

Dit het Saterdag en Sondag soms gevoel of daar weer match fixing deur die bokkies was…

Frans C ·

Dit is tyd mi dat die speelvlak gelyk gemaak word.Ander lande skroom nie om van spelers afkomstig van ander lande gebruik te maak nie,want dit word gedoen onder die dekmantel van ‘beroepsrugby’.
Suid Afrika en Argentina is die enigste twee van die voorste rugby lande wat dit nie doen nie.’n Berig in die verband het op News24 verskyn onder ‘World Rugby boss sparks outrage at ‘foreign player’ list’.
Kyk na die lysie.
??????? 46.3%

?? 37.1%

?? 29.7%

?? 29.4%

??????? 27.7%

☘ 26.1%

??????? 24.3%

?? 12.9%

?? 12.5%

Kom dit maar nie op onregverdige mededining neer nie?

JohanL ·

Frans C – solank die spelers “van buite” aan die verblyfsregulasies voldoen (as hulle moet), is daar seker nie ‘n probleem nie. Maar ek weet eerlik nie of daar ook sulke verbyfsregulasies is as dit kom by die kies van die 7’s spanne nie, en ook hoe streng of hoe moeilik dit is nie?

So tong in die kies – ons is in die slegte situasie niemand wil na SA toe kom nie !!!!! Wonder hoekom nie :) :)

Frans C ·

Die grootste sondaar in die gebruikmaking van ‘foreign players’ dan in die 15 man kode veral,is Engeland.
32 spelers het in die afgelope 12 jaar hul verskyning vir Engeland gemaak.Van die 32 het 17 verhuis met die uiteindelike doel om rugby te speel.

Hoe trots kan ‘n mens nou wees as meer as twee spanne ‘vreemdelinge’ jou land verteenwoordig het?

Henk ·

“Goeie vertoning deur Kyle Brown”? Die wedsryde wat ek gekyk het was seker heruitsendings van 10 jaar terug, want tydens die wedstryde wat ek gekyk het, het Brown 9 uit die 10 duikslae wat hy moes maak verbrou! En byna elke keer het dit gelei tot n drie deur die teenstander!

Ian ·

Daar is niks verkeer met ons sewes span nie. Ons is die verdedigende kampioene, maar n paar swak wedstryde en mens hoor die gewone refrein van dieselde koor. O, en skielik is kwotas ook nie n probleem as die Blitsbokke wen nie….

Lol ·

Ons wen nie, ons le 5de in die reeks. Geen sprake van kwota want almal is op meriete, maar ons spelers is te lig/klein.

Dhr ·

Frans C julle bok ondersteuners moet n slag die nz spelers se name google en kylie wanneer hulle in nz aangekom het. Baie is in nz gebore of het as kind daar aangekom. Beast en Kitshoff het as volwassenes na SA vegans I’m daar rugby te sperm, maar daar word nie van gepraat nie, hoekom nie?

Frans C ·

Steven Kitshoff:gebore : 10 Februarie 1992 , Paarl. Begin 2011 Speel vir WP/Stormers,maak ‘n draai in Frankryk en kom weer terug na sy ou provinsie.

Gatvol ·

Frans ek verstaan nie die rasionaal om spelers in te voer nie. Ons het al soveel immigrante wat hier rondswerf wat dalk in aanmerking kan kom. As ons weer die regte beginsels toepas sal dit baie beter gaan.Uit n finansiele oogpunt kan ons werklik dit bekostig wat jy promoveer? Ons kan dan nie eers meer vir ons eie Unies uithelp nie. Die dae van groot geld oorsee word baie vinnig minder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.