Vermeulen het nog vertroue in Bokke se spelpatroon

Duane Vermeulen: Bokke wil beter speel. Foto: Twitter.

Duane Vermeulen, die Springbokke se hardebaard agtsteman, het nog vertroue in die Bokke se spelpatroon. Dit is immers ’n wedstrydbenadering wat gesorg het dat hulle die Webb Ellis-trofee omhoog gehou het én met die Britse en Ierse Leeus afgereken het.

Maar die res van die rugbywêreld het nie veel ooghare daarvoor nie en hulle het met meer selfvertroue begin kla ná die Suid-Afrikaners hul laaste twee toetse teen die Wallabies verloor het.

Volgens Vermeulen sal daar egter nie sommer aan dié Springbok-span se DNS gekarring word nie.

“Ons sal by ons wedstrydplan bly en die manier waarop ons rugby speel. Ons sal net harder moet werk om die verlangde uitslag te kry,” het Vermeulen gesê.

Saterdag se wedstryd teen Nieu-Seeland is die 100ste hoofstuk in dié twee lande se rugbystorieboek en ná die Australië-fiasko sal Springbok-ondersteuners bly wees as die span ’n nuwe blaadjie kan omslaan.

Ja, dit is ’n splinternuwe wedstryd, maar die Nieu-Seelanders sal ongetwyfeld ’n moeilike(r) uitdaging wees. Nodeloos om te sê sal die Bokke dan ook daarby moet aanpas en hulle stempel op die wedstryd probeer afdwing.

“Ons wil ’n beter span as verlede week wees en ons sal hard werk om weer op die wenpad te kom. Die ouens wil mededingend in die Rugbykampioenskap wees; almal wil dit wen en ons sal ons beste gee.”

En wanneer Vermeulen praat, luister ander. Hopelik luister die span ook en kom met ’n beter vertoning vorendag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Baardman ·

Die game waarin die wereldbeker gewen was, was nie op die sub- standaard wat dit nou is nie. Die bal het darem deur meeste van die hande gegaan.

Kobus ·

Slegte nuus Duane,julle is in ICU met die spelpatroon,julle dissipline en julle vaardighede. Hoop van harte dat ek later omverskoning kan vra. Sterkte.

SwartBees ·

Ek kan nie help om NZ ‘n wen te gee nie. Die bokke se asem is uit.

Niklaas ·

Nouja, sterkte aan die sukkel Bokke. Mag jul ons verras met skitter spel. Nugter weet egter hoe die magtige Allblacks teen jul sal verloor.

JN ·

Wel ons weet wat om te verwag dan. N helse pakslae….
Skop reguit op hoop en bid vir die beste, kry die baster bokkies wel die bal terug dan neem die voorry alles oor en probeer oordonder die opposisie elke keer…
Maar die plan is holrug gery en die opposisie weet wat om te verwag met n stewige teenvoeter vir die basterbokkies se vervelige spel partoon..gaaaaaap… Plus die basterbokkies kom onfuks voor soos n klomp oorgewig renosters kom hul laat aangestrompel…
Plan B kan nie uitgevoer nie want dit behels dat jy te minste die bal moet kan vang??? Wat word die lot dan nou weer betaal om te minste net die basiese wat hul veronderstel is om dag in dag uit te kan reg doen???
Duidelik vat die AB’s hul trots ernstig op maar die basterbokkies, wel hul wil net opdaag en in gister se wereld kampioen glorie skyn….
Wel jammer boys slegte nuus jy is net so goed soos jou laaste wedstryd soos hul se en jammer maar min van julle sal enige ander internasionale span haal insluitend Nienaber..

Harley Davidson ·

Die All blacks gaan ver wen,hulle speel teen ‘n span met wat kwotas gebruik gebaseer op velkleur en eintlik verban moet word soos in die apartheid dae.

Andries ·

Daar kom n tyd wat mens maar moet keuses maak soos in enige besigheid en ek dink on kaptein is nie meer geskik om sy span se disipliene te beheer en leierskap te gee nie. Selfde met Polard wat maak hom so speciaal sy tyd ook verby en selfde met ons missies Faf wat al die besit net wegskop. Ons lynstane is ook gemerk daar geen verasings in ons lyne en dan sekere mense wat nie weet waar staan wie in die lyn nie. Selfde met skoonmaak van bal staan te lank en wonder en dan skop ons dit nog weg as ons die bal kry. Sa het regtig ander taktiek en spel patroon nodig ons is te voorspelbaar met ons elke keer selfde spel ons kort verasings manne.

Andries ·

Ek is nie n bulls fan nie maar dink hulle sal beter game speel teen die All blacks as die bokke hulle regte afrigting en disipliene.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.