Verrassende sege kry Breakers in S12-kwarteind

ec prov gov`n Verrassende sege – sy enigste in die reeks – het verseker dat Breakers van Queenstown die kwarteindronde van die Oos-Kaapse Super12 haal.

Hy het die tot dan toe onoorwonne Park van Port Elizabeth, die wenner van roep C, Saterdag 30-29 geklop en dit het aan hom die beste derde plek verseker.

Buffalo van Oos-Londen het ook verras deur 21-21 gelykop teen verlede jaar se Super12-wenner, Oos-Londen Polisie, te speel. Dit kon egter nie voorkom dat hy laaste in Groep B kom nie.

Breakers speel komende Saterdag in Uitenhage teen Gardens wat boaan Groep B geëindig het.

In die ander kwarteindwedstryde speel Spring Rose van New Brighton (eerste in Groep A) teen die Brumbies van Grahamstad (tweede beste derde plek); Park (eerste in Groep C) teen Progress van Uitenhage (tweede in Groep A); en Oos-Londen Polisie (tweede in Groep B) teen die Walter Sisulu Universiteit (tweede in Groep C).

Saterdag se uitslae –

Spring Rose 32, Winter Rose (Mdantsane) 19; Progress 33, Berlin Tigers 3; Buffalo 21, Oos-Londen Polisie 21; Gardens 26, Brumbies 25; WSU 22, Trying Stars (Alexandria) 17.

Opgesomde punteleer –

Groep A

Spring Rose 12, Progress 9, Berlin Tigers 4, Winter Rose 1.

Groep B

Gardens 13, OL Polisie 7, Brumbies 6, Buffalo 2.

Groep C

Park 11, WSU 10, Breakers 7, Trying Stars 6.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.