`n Verrassende sege – sy enigste in die reeks – het verseker dat Breakers van Queenstown die kwarteindronde van die Oos-Kaapse Super12 haal.
Hy het die tot dan toe onoorwonne Park van Port Elizabeth, die wenner van roep C, Saterdag 30-29 geklop en dit het aan hom die beste derde plek verseker.
Buffalo van Oos-Londen het ook verras deur 21-21 gelykop teen verlede jaar se Super12-wenner, Oos-Londen Polisie, te speel. Dit kon egter nie voorkom dat hy laaste in Groep B kom nie.
Breakers speel komende Saterdag in Uitenhage teen Gardens wat boaan Groep B geëindig het.
In die ander kwarteindwedstryde speel Spring Rose van New Brighton (eerste in Groep A) teen die Brumbies van Grahamstad (tweede beste derde plek); Park (eerste in Groep C) teen Progress van Uitenhage (tweede in Groep A); en Oos-Londen Polisie (tweede in Groep B) teen die Walter Sisulu Universiteit (tweede in Groep C).
Saterdag se uitslae –
Spring Rose 32, Winter Rose (Mdantsane) 19; Progress 33, Berlin Tigers 3; Buffalo 21, Oos-Londen Polisie 21; Gardens 26, Brumbies 25; WSU 22, Trying Stars (Alexandria) 17.
Opgesomde punteleer –
Groep A
Spring Rose 12, Progress 9, Berlin Tigers 4, Winter Rose 1.
Groep B
Gardens 13, OL Polisie 7, Brumbies 6, Buffalo 2.
Groep C
Park 11, WSU 10, Breakers 7, Trying Stars 6.