Verskeie nuwe gesigte het hulle by die Pumas aangesluit, luidens ʼn verklaring wat Dinsdag in Nelspruit deur die bond uitgereik is.
Aan die bestuursy is Lance Salter die bond se nuwe hoof van prestasie-ontleding, en Louis Janse van Rensburg die hoof van krag en kondisionering.
Salter was die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se prestasie-ontleder voor hy in 2015 as tegniese koördineerder van die OP Kings aangestel is.
Janse van Rensburg was deel van die 2016-Varsitybekerwenner, die NWU Pukke, se bestuurspan, en was ook betrokke by die Luiperds wat verlede jaar die eindstryd in die Curriebeker- Eerste Liga gehaal het.
Vier nuwelinge sluit hulle ook by die spelersgroep aan, naamlik Gerrit Smith, ʼn veelsydige agterspeler van die OP Kings af; die gewese Pumas-driekwart Jerome (Trompie) Pretorius; Sizophila Maseko, ʼn gewese agterspeler van die Luiperds; en die Sharks-losvoorspeler Francois Kleinhans.
Vier Superrugbyspelers van die Kings sal eweneens vir die Curriebekerreeks by die Pumas aansluit. Hulle is Thembelani Bholi (flank/slot), Stefan Ungerer (skrumskakel), Neil Maritz (driekwart) en Cameron Lindsay (slot).
Los tog as die”treurige” Kings spelers en personeel uit en ontwikkel eerder jul eie bronne!
EN LOS DIE ENGELSE TERMES VAN DRIEKWART ENS ,ONS IS AFRIKAANS