Versterking vir Stormers op pad na Nieu-Seeland

Versterking is op pad Nieu-Seeland toe om voor Vrydag se laaste toerwedstryd teen die Hurricanes in Wellington by die deur beserings geteisterde Stormers aan te sluit.

Luidens ʼn verklaring wat die franchise in Kaapstad uitgereik het, sal Juan de Jongh, Rynhardt Elstadt, Caylib Oostuizen en Damian Willemse by die groep aansluit.

Die Springboksenter De Jongh (knie) en die veelsydige voorspeler Elstadt (enkel) het albei van beserings herstel, en kan noodsaaklike ervaring tot die toerspan voeg.

Die slegte nuus is dat die stut JC Janse van Rensburg, die Bokslotte Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit en die losskakel Kurt Coleman almal terugkeer ná die beserings wat die meeste van hulle teen die Highlanders in Dunedin opgedoen het.

Janse van Rensburg het ʼn boarmspier geskeur en sal ses weke buite aksie wees. Coleman het ʼn enkelligament in ʼn oefening beseer. Etzebeth het las van ʼn kuitbesering and Du Toit sukkel met ʼn knie.

Daar is boonop twyfel oor die kaptein Siya Kolisi se gereedheid vanweë ʼn skouerbesering, en die Bok-bestuursplan vereis dat die stut Frans Malherbe ʼn ruskans moet kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

What a joke ! ·

De jong is definitief nie n versterking nie meer n verswakking !!!

Cais Smit ·

Dit is waar maak die bokke almal Storms dan sal julle iets beteken

Scalla ·

Die stormers kort twee slotte, een slot vir Nuwe land se voorhek en een slot vir die agterhek. Gerd het seker die afgelope nederlae op cartoon tv gekyk. Weereens het hul soos altyd te vroeg gepiek. Die verloorkultuur kan net nie ontgroei word nie, shame.

Hennie ·

Na die 2 wedstryde in NZ lyk dit vir my of Eben E nou amptelik by Schalk B oorgeneem het as loskakel/binnesenter

Piet Pille ·

Ja Eben lyk verward .Is goed teen SA spanne om manne rond te ruk maar teen NZ speel hy liewers senter/loskakel om ver van die los-gemaal te bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.