Victor Matfield gaan weer rugby speel

Victor Matfield

Victor Matfield

Victor Matfield oefen glo weer om volgende jaar terug te keer vir die Bulle se Superrugby-seisoen, meer as twee jaar nadat dié voormalige Springbok-rugbyspeler en Wêreldbeker-wenner afgetree het.

Matfield (36) en Derick Hougaard, voormalige Springbok-losskakel, wil graag terugkeer, het SuperSport berig. Hulle is tans lede van die Bulle se afrigtingspan.

Matfield, wat ná die Wêreldbeker in 2011 afgetree het, sou moontlik in 2012 weer vir die Springbokke uitgedraf het, maar dit het nie gebeur nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theo

Derick Hougaard, voormalige Springbok vleuel ???????

Hennie

Derick Hougaard, Loskakel
Francois Hougaard – Vleuel en Skrumskakel

Nico Kruger

Ek het so gelag vir die berig dat ek nie eers opgemerk het dat julle die posisie verkeerd het nie. Ek verstaan Frik du Preez het ook weer begin oefen.

Freek Vermaak

Ek dink nie Victor of Derick moet dit eers meer oorweeg om n “comeback” te maak nie! Hulle moet eerder hulle talent gebruik en die jong Bulle brei vir seisoene vorentoe! Albei was uitstekende spelers en Victor een van die beste slotte in “moderne rugby” ooit, maar daar kom n tyd wanneer die bestes ook moet aftree…en doen dit eerder wanneer jy op die kruin van jou spel is, want dan sal jy altyd onthou word as die beste of 1 van die bestes! Danie Gerber is nog n uitstekende voorbeeld hiervan…n man wie nou eers “Hall of Fame” toekenning… Lees meer »