Video: Scarra sê jammer vir voorval tydens wedstryd

Siyabonga Ntubeni en Giovanni. Foto: Twitter

Die WP-rugbyspeler Siyabonga “Scarra” Ntubeni het om verskoning gevra vir ʼn voorval tydens Saterdag se wedstryd teen die Cheetahs.

ʼn Videogreep van die wedstryd wat in die Toyota-stadion in Bloemfontein in die Vrystaat gespeel is, wys hoe Ntubeni na die kantlyn stap en die bal uit die baljoggie se hande slaan.

Die videogreep is wyd op sosiale media versprei met talle wat Ntubeni erg gekritiseer het oor sy optrede.

Ntubeni het hom intussen tot sosiale media gewend en om verskoning gevra vir die voorval. “So gisteraand het ek iets heeltemal buite my karakter gedoen en ek aanvaar al die kritiek wat ek ontvang,” het hy geskryf.

“Ek vra om verskoning vir almal wat ek teleurgestel het, almal wat my ondersteun en die belangrikste Giovanni.”

Die plasing op sosiale media het ook ʼn foto by gehad waar hy ʼn WP-trui aan die baljoggie, net bekend as Giovanni, oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Appeljan ·

Jy kan sekere spelers uit die WP haal maar nie die WP uit sekere spelers nie.

Balooba ·

En nou vryf die man nog sout in die wonde ook om hom n WP trui te gee…

@Balooba ·

Baie goed gestel. Plaas hy darem vir hom ‘n trui gee van een van die spanne wat die semi’s gehaal het!!

Leon ·

Hy is en sal nooit goeie ‘n speler wees nie, gelukkig speel hy vir WP, en dit sê genoeg van sy gedrag.

James ·

Hy hoort nie op die sportveld nie want eerstens kan hy nie rugby speel nie en tweedens lyk hy nie te netjies nie en dit weerspieel in sy gedrag.

Boerseun ·

Hy hoort nie daar,hy is n goeie voorbeeld van n meriete speler wat in gedruk is om die span vol te kry.

Ep ·

Opvallend is dat Giovanni geen word sê asook n van het Nee wat ons het nie die tipe rugby spelers nodig Geen word gerep oor sy optrede … seker gedink dis n wit seun wat bal wil aangee …. rassistisie gemors

LOSKOP ·

Die norm in die land op die oomblik is , jaag aan en vra dan net omverskoning en siedaar geen haan kraai weer daarna nie , dit by gese as jou vel kleur reg is

JohanL ·

Aan almal wat Scarra so kritiseer.

My seun het Scarra by die Stormers ontmoet so ek praat van info wat ek vanaf iemand gekry het wat ek vertrou. Scarra is ‘n vriendelike persoon wat tyd het vir ander mense. Ja, duidelik het hy ‘n fout gemaak in ‘n “oomblik van waansin”. Ek het ook op die rugbyveld al ‘n groot fout gemaak “in ‘n oomblik van waansin” waroor mens later spyt is. Tot Scarra se krediet het hy gou moontlik om verskoning gevra – nie net direk en individueel tot die verontregte persoon nie, maar ook op sosiale media.

Het al die “klipgooiers” hierbo nog nooit ‘n fout gemaak waaroor hulle spyt is nie? En ja, as ‘n sportman moet hy ekstra versigtig wees, maar hulle bly ook mense wat foute maak. As hy nie verskoning gevra het nie, het julle ‘n punt beet. Maar regtig, wees objektief in jul kritiek.

Scarra – sterkte op jou pad vorentoe.

WELKOM ·

JohanL
As jy ‘n ware ambasadeur en sportman is vir jou sport en land, tree jy nie so op nie.
Dit moes nooit gebeur het nie, verskoning of nie.

A ·

Stem 100% saam JohanL, het al ‘n paar keer te doen gehad met Scarra en hy is altyd vriendelik. Dit was ‘n fout, soos almal maak en hy het reeds verskoning gevra.
Ons is vinnig om klippe te gooi ..

MH ·

‘n Man van karakter beleef nie “oomblikke van waansin” nie, veral nie sonder provokasie en teenoor ‘n onskuldige seun nie.

A Mac ·

Geen simpatie of respek vir die man. Jaag aan net om na die tyd jammer te sê en die publiek se simpatie te soek. Ek het altyd gedog rugbyspelers word geleer om te alle tye met selfbeheersing op te tree. As dit nie op kamera was nie en niemand het geweet daarvan, sou hy nog jammer gesê het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.