Video: White trek ook vir Aplon nader

Jake White en Gio Aplon. (Gio Aplon se Twitter-rekening).

Reg, Alfons Meyer en Pote Human is uit, maar Duane Vermeulen en Marcel van der Merwe is darem in. Nou het Jake White nog ’n (ietwat bejaarde in rugbyterme) haas uit die hoed gepluk.

Die veelsydige Springbok-agterspeler Gio Aplon sal ook binnekort op Loftus Versfeld te siene wees.

Die 37-jarige het vyf drieë in 17 toetse vir die Springbokke gedruk, terwyl hy vir die WP en Stormers uitgeblink het. En om ’n lang storie kort te maak: Hy is ’n baie gevaarlike speler.

Twee jaar nadat hy die Curriebeker saam met die Streeptruie in 2012 gewen het, het sy rugbypad hom na Frankryk geneem, waar hy sy kenmerkende zoep-zap-en-zirts-lopies vir Grenoble in die Top 14-kompetisie uitgestal het.

Hy was deel van White se planne in sy Toyota Verblitz-dae in Japan en hy het net lof vir die voormalige Springbok-afrigter.

“Die Bulls was nog altyd ’n krag in die rugbywêreld en ek het ongelooflike respek vir die span en wat hulle reeds vermag het; ek sien werklik daarna uit om op Loftus uit te draf.

“Dan het Jake ’n ongelooflike visie en plan vir die span; ek is geëerd dat hy my by sy planne betrek het,” het Aplon gesê.

Aplon se ervaring sal van groot waarde wees om die jong Bul-spelers in hul ontwikkeling by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Sal maar nie weer Loftus toe gaan nie. Aplon is nog nooit iets besonders gewees nie. Hoekom gaan hy nie maar terug kaap toe nie? Het ons nie genoeg jonger spelers wat nou eerder die kans gegee moet word nie? Wat maak die ou nou regtig so spesiaal?

Namib ·

WP moet nou maar die haas uit die hoed trek vir die BAIE flou kalfies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.