Video’s: All Blacks stal steeds hul toorvernuf uit

Beauden Barrett is een talentvolle sportman. Foto: Facebook.

Kyk, as die All Blacks hul rugbystewels vir ’n paar basketbalskoene moes verruil het, sou hulle binne ’n japtrap onder die NBA se waardevolste spelers getel het.

Te midde van die afsonderingstydperk in Nieu-Seeland het van die All Blacks hulself tot sosiale media gewend om hul vernuf en ongelooflike talent uit te stal.

Die vinnigste losskakel (deesdae heelagter) in wêreldrugby, Beauden Barrett, het vanaf sy stoep ’n rugbybal tot in ’n basketbalnet – ’n hele paar meter weg van hom – geskop.

Hy het ander sosialemediagebruikers aangemoedig om iets soortgelyks aan te pak en hul prestasies met hom te deel.

Dan het die gewilde Carlos Spencer gewys dat hy op 44-jarige ouderdom nog net so vaardig is as in die dae toe hy nog die nommertientrui vir die All Blacks gedra het.

Op sy seun Payton se TikTok-bladsy kan ʼn mens sien hoe Spencer met groot gemak ’n rugbybal tot in die basketbalnet pass.

En moet ook nie dink daar was eers ’n honderd probeerslae voordat hy dit uiteindelik reggekry het nie.

Aikôna, Spencer senior was so te sê onmiddellik in die kol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.