Vier drieë verdien tog-seker ʼn ruskansie

Om vir die All Blacks vier drieë te druk, beteken nie noodwendig jy sal in Nieu-Seeland se volgende toets speel of selfs net op die bank wees nie.

Beauden Barrett, wat voorverlede Saterdag die eerste All Blacks-speler was wat vier drieë teen die Wallabies kon druk, kry ruskans en staan sy plek vir Saterdag se toets teen Argentinië in Nelson aan die 24-jarige Crusaders-losskakel Richie Mo’unga af.

Dit sal slegs Mo’unga se tweede toets wees en die eerste waarin hy in die opdrafspan is.

Barrett is nie eers op die plaasvervangerbank nie en sy broer Jordie ook nie. Hul weglating is twee van die agt veranderinge wat die All Blacks-afrigter Steve Hansen aan die beginspan vir die toets teen die Poemas aangebring het.

Die nommer een-skrumskakel Aaron Smith, die flanke Sam Cane en Liam Squire en die vaskopstut Joe Moody  is ook nie in die wedstryd 23-tal nie. Die All Blacks se kaptein teen Engeland, Sam Whitelock, kry ook ruskans en die agste verandering is posisioneel, met Ben Smith wat van vleuel af na (sy beste posisie) heelagter verskuif.

All Blacks ‒

15 Ben Smith, 14 Nehe Milner-Skudder, 13 Jack Goodhue, 12 Ngani Laumape, 11 Waisake Naholo, 10 Richie Mo’unga, 9 TJ Perenara, 8 Kieran Read (kaptein), 7 Ardie Savea, 6 Shannon Frizell, 5 Scott Barrett, 4 Brodie Retallick, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Karl Tu’inukuafe. Bank: 16 Nathan Harris, 17 Tim Perry, 18 Ofa Tu’ungafasi, 19 Sam Whitelock, 20 Luke Whitelock, 21 Te Toiroa Tahuriorangi, 22 Damian McKenzie, 23 Anton Lienert-Brown.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kiewiet ·

Die ALL BLACKS kan met hulle B span enige span in die kompetiesie klop.

What a joke! ·

Hul creme de la creme word gespaar om die bontebokke nog n wereld rekord verloor toe te dien…Die keer 100 -0.
Doen so voort met jul politieke speletjies Saru en anc…Aan die einde van die dag dink jul jul spite die blankes om hul sport op te neek maar dit bewys maar net weereens dat alles waaraan die onbevoegde anc tentakels raak verander in bollie en jul fondse sal nog minder en minder word soos jul sal agterkom jul ander mark vir wie jul die span so te probeer transformeer stel meer belang in sokker….Dit help ok nie om n stick in the mud in jul agterlyn as afrigter te he nie en dit wys erg in die bontebokke se swak agterlyn spel…Eers die Wallabies wat jul gaan roer en dan die groot drag slae….Die KIWIS.!!!

Kiwiet ·

@What a Joke! – nou dat Saffas die afrigter gekry het wat jul soek, en hy maak báie ander spankeuses, en word baie toegelaat, nou kerm jul nogsteeds. Sê my, Pollard? hoort hy daar? Nee. Wat van al die blankes wat week na week SA laat skaam kry? maar tog bly julle saffas die kwota en anc blameer.

Johan ·

Ek wonder hoeveel steun het die All Blacks in Suid Afrika. Ek dink baie. Hul kan maar hul B span bring vir Bokkies. Ai die magtige Bok span is in sy …..in

@Kiewiet ·

Wie het ooit gese rassie die marionette was my keuse???? Wat maak Stick daar?Die vleuels is touch en go het spoed maar kan hul verdedig, am en de allende is kwotas deur en deur , kolisi is nie die beste wat daar is nie..Ackers is beter op hakker saam Marx as my nr 1 hakker.selfs Bismarck.
Jy kan nie oorlog toe gaan met n klomp ok na average spelers nie my ou die All Blacks sal jou vermorsel!!! Ackerman ou tjom is my keuse as afrigter maar hy het te veel integriteit om n span af te rig wat geabasseer moet word op kwotas eerste en dan die gapings te moet vul met spelers wat oorsee speel oor hul in elk geval nie plek sal kry oor kwotas nie??? Waar is Combrink? Waar is Rohan JVR, kriel,om net n paar goeie spelers te noem.Hoekom is hul oorsee geld alleenlik jy dink??? Suid Afrika se ekonomie en sport word opgedons deur n regering wat “hellbent”is vir wraak en nie versoening teen die blankes so hoekom sal opkomende jong spelers agter bly in n land waar sy blanke vel teen hom tel op elke ander vlak? Hoe is dit dan anders as apartheid huh???Nog n ding ou maat ek is nie jou saffa nie ek is n Australianer wat openlik praat en kan sien wat Suid Afrika en sy rugby verwoes naamlik politieke inmenging op elke vlak!!Net een woord….BEVOEGDHEID!

Niklaas ·

Duidelik word sekere ster All blacks spelers ruskansies gegee. NZ kan selfs met ‘n 3 de span vir ons Bokkies klop. Want ons agterlyn en veral die vleuels kan nie goed verdedig nie. So wen min spanne . Rassie het geen keuse eintlik as om die kwota getal elke paar maande te verhoog. Hy is aangestel met sekere voorwaardes en vet salaris en hy glo sekerlik dis 2 jaar om groot te skep voor hy aftree en daai geldjies gaan uitleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.