Vier drieë verdien tog-seker ʼn ruskansie

Om vir die All Blacks vier drieë te druk, beteken nie noodwendig jy sal in Nieu-Seeland se volgende toets speel of selfs net op die bank wees nie.

Beauden Barrett, wat voorverlede Saterdag die eerste All Blacks-speler was wat vier drieë teen die Wallabies kon druk, kry ruskans en staan sy plek vir Saterdag se toets teen Argentinië in Nelson aan die 24-jarige Crusaders-losskakel Richie Mo’unga af.

Dit sal slegs Mo’unga se tweede toets wees en die eerste waarin hy in die opdrafspan is.

Barrett is nie eers op die plaasvervangerbank nie en sy broer Jordie ook nie. Hul weglating is twee van die agt veranderinge wat die All Blacks-afrigter Steve Hansen aan die beginspan vir die toets teen die Poemas aangebring het.

Die nommer een-skrumskakel Aaron Smith, die flanke Sam Cane en Liam Squire en die vaskopstut Joe Moody  is ook nie in die wedstryd 23-tal nie. Die All Blacks se kaptein teen Engeland, Sam Whitelock, kry ook ruskans en die agste verandering is posisioneel, met Ben Smith wat van vleuel af na (sy beste posisie) heelagter verskuif.

All Blacks ‒

15 Ben Smith, 14 Nehe Milner-Skudder, 13 Jack Goodhue, 12 Ngani Laumape, 11 Waisake Naholo, 10 Richie Mo’unga, 9 TJ Perenara, 8 Kieran Read (kaptein), 7 Ardie Savea, 6 Shannon Frizell, 5 Scott Barrett, 4 Brodie Retallick, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Karl Tu’inukuafe. Bank: 16 Nathan Harris, 17 Tim Perry, 18 Ofa Tu’ungafasi, 19 Sam Whitelock, 20 Luke Whitelock, 21 Te Toiroa Tahuriorangi, 22 Damian McKenzie, 23 Anton Lienert-Brown.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kiewiet

Die ALL BLACKS kan met hulle B span enige span in die kompetiesie klop.

Johan

Ek wonder hoeveel steun het die All Blacks in Suid Afrika. Ek dink baie. Hul kan maar hul B span bring vir Bokkies. Ai die magtige Bok span is in sy …..in

@Kiewiet

Wie het ooit gese rassie die marionette was my keuse???? Wat maak Stick daar?Die vleuels is touch en go het spoed maar kan hul verdedig, am en de allende is kwotas deur en deur , kolisi is nie die beste wat daar is nie..Ackers is beter op hakker saam Marx as my nr 1 hakker.selfs Bismarck. Jy kan nie oorlog toe gaan met n klomp ok na average spelers nie my ou die All Blacks sal jou vermorsel!!! Ackerman ou tjom is my keuse as afrigter maar hy het te veel integriteit om n span af te rig wat geabasseer… Lees meer »

Niklaas

Duidelik word sekere ster All blacks spelers ruskansies gegee. NZ kan selfs met ‘n 3 de span vir ons Bokkies klop. Want ons agterlyn en veral die vleuels kan nie goed verdedig nie. So wen min spanne . Rassie het geen keuse eintlik as om die kwota getal elke paar maande te verhoog. Hy is aangestel met sekere voorwaardes en vet salaris en hy glo sekerlik dis 2 jaar om groot te skep voor hy aftree en daai geldjies gaan uitleef.