Vier voor hof ná ‘miljoene se bedrog’ by Poema-rugby

Vier mense gaan binnekort voor ʼn hof verskyn nadat hulle glo die Argentynse Rugbyunie (UAR) uit miljoene bedrieg het.

Die sportwebwerf Olé berig die viertal, twee gewese werknemers van die UAR en twee verskaffers van veiligheidsdienste, word daarvan aangekla dat hulle die unie met sowat drie miljoen pesos (nagenoeg R2,37 miljoen) ingeloop het.

Dit hou glo verband met 160 vals tjeks wat van 2010 tot 2012 uitgereik is.

Die strafhof het pas ná ʼn uitgerekte proses beslis dat die viertal verantwoording vir hul dade moet doen.

ʼn Verhoordatum moet nog vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Darius Els ·

As dit in SA gebeur ,sal hier maar baie rooi gesigte rondloop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.