Vierkuns help rammetjie-uitnek Kings hokslaan

Die OP Kings wou-wou Saterdag in die Supersport-kwarteindronde in Kimberley rammetjie-uitnek raak, toe slaan Griekwas hulle onder meer met ʼn vierkuns verpletterend hok.

Die besoekers uit die Oos-Kaap was ná 25 minute met 24-12 voor, en die tuisspan moes wikkel om teen rustyd met 33-24 voor te loop.

ʼn Vierkuns deur die vleuel Enver Brandt en 18 punte (nege doelskoppe) deur die losskakel, George Whitehead, het op die ou end daartoe bygedra dat Griekwas met 73-41 kon wen.

Brandt en die Pumas-haker Frankie Herne, wat twee drieë teen die Goue Leeus-vyftiental gedruk het, is nou met nege elk die reeks se voorste driedrukkers.

Laasgenoemde span het op Ellispark die besoekers uit die Laeveld met 43-32 geklop (rustyd 24-17).

Die twee wedstryde het saam 27 drieë opgelewer.

Die Leeus se losskakel, Shaun Reynolds, het sy totaal as die reeks se voorste puntemaker met 13 punte tot 132 opgeskuif.

Die puntemakers – 

Griekwas 73 (33) – Drieë: Ederies Arendse, Enver Brandt (4), AJ le Roux, Eric Zana, Christiaan Meyer, Marius Fourie, Sias Koen, Kock Marx. Doelskoppe: George Whitehead (9).

OP 41 (24) – Drieë: Sintu Manjezi, Brandon Brown, Lusanda Badiyana, Sonwabo Majola, Keanu Vers, SF Niewoudt. Doelskoppe: Pieter-Steyn De Wet (3), Garrick Mattheus; Strafdoel: Pieter-Steyn de Wet.

Goue Leeus 43 (24) – Drieë: Dillon Smit, Robert Kruger (2), Madosh Tambwe, Jarryd Sage (2). Doelskoppe: Shaun Reynolds (5). Strafdoel: Shaun Reynolds.

Pumas 32 (17) – Drieë: Nardus van der Walt, Reynier van Rooyen, Frank Hearne (2). Doelskoppe: Kobus Marais (2), Justin van Staden. Strafdoele: Kobus Marais. Justin van Staden.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.