Virsekerbeker skop dan af

rugbybal2.jpg

Argieffoto.

Dit is altyd lekker om ’n Suid-Afrikaanse skolerugbywedstryd te kyk, veral as dit ’n geval van krag teen krag is. En vanjaar se Virsekerbeker behoort vir bobaas-aksie in die bekerafdeling te sorg.

Waterkloof en Garsfontein sal dinge op 18 April afskop, waarna Helpmekaar en Menlopark mekaar in ’n watertand-herontmoeting van verlede jaar se eindstryd aanvat. Die Pretorianers het die 2019-eindstryd met 44-17 in Alberton gewen.

Volgens die gesaghebbende skolerugbyblad, School of Rugby, spog die bekerafdeling met agt skole onder die top-30 rugbyskole in die land.

Garsfontein (vierde), Monument (vyfde), Helpmekaar (12de), Menlopark (15de), Waterkloof (24ste), E.G. Jansen (26ste), HTS Middelburg (28ste) en Noordheuwel (29ste) sal almal sake in die reeks uitspook.

Bepalings:

  • 18 April: Waterkloof teen Garsfontein.
  • 2 Mei: Waterkloof teen HTS Middelburg; Menlopark teen Helpmekaar.
  • 9 Mei: Monument teen Waterkloof; HTS Middelburg teen Garsfontein; Noordheuwel teen E.G. Jansen; Helpmekaar teen Marais Viljoen.
  • 16 Mei: Monument teen Garsfontein; Menlopark teen Waterkloof; Noordheuwel teen Marais Viljoen; Helpmekaar teen E.G. Jansen.
  • 23 Mei: HTS Middelburg teen Monument; Garsfontein teen Menlopark; E.G. Jansen teen Marais Viljoen; Noordheuwel teen Helpmekaar.
  • 30 Mei: Menlopark teen Noordheuwel; Helpmekaar teen Monument; E.G. Jansen teen HTS Middelburg.
  • 6 Junie: Marais Viljoen teen HTS Middelburg; Waterkloof teen Noordheuwel.
  • 11 Julie: Marais Viljoen teen Monument; Waterkloof teen Helpmekaar; Garsfontein teen Noordheuwel; Menlopark teen E.G. Jansen.
  • 18 Julie: E.G. Jansen teen Monument; Garsfontein teen Helpmekaar; HTS Middelburg teen Menlopark.
  • 25 Julie: Monument teen Noordheuwel; Marais Viljoen teen Garsfontein; Helpmekaar teen HTS Middelburg.
  • 1 Augustus: Marais Viljoen teen Waterkloof; Noordheuwel teen HTS Middelburg; Monument teen Menlopark; Garsfontein teen E.G. Jansen.
  • 8 Augustus: Marais Viljoen teen Menlopark; E.G. Jansen teen Waterkloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.