Visfabrieke vlek mekaar weer op Velddrif

Die Weskus se visfabrieke vlek mekaar weer Vrydag en Saterdag op die Smit-sportterrein in Velddrif in hul jaarlikse toernooi.

Dis die 31ste keer dat dié geleentheid, onder die beskerming van die SA Rugbyunie (Saru) en die Boland-rugbyunie (BRU), plaasvind, sedert dit in 1987 op die inisiatief van die rugbybase Danie Craven, Ian Kirkpatrick en Dougie Dyers geskep is.

Die eerste toernooi is in Saldanha gehou, maar Velddrif het sedertdien die vaste basis geword.

Die verdedigende kampioen, Combined Abelone Processors, skop sy toernooi Vrydag teen Sea Pride af; en verlede jaar se naaswenner, Sea Harvest, speel teen Sea Vuna.

Die ander deelnemende spanne is Abdive, Adelaide Fisheries, Amawandle, Cerebos, Coastal Links, Doringbaai, Elandsbaai, Lucky Star Fleet, Lucky Star, Spot-on-Deals, West Point Fishing en West Point.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.